INLEIDING
Die JSE se verhaal in 2025 is een wie se prestasie totaal en al afhanklik was van die edemetale sektor, met veral goud en platinum, wat gedryf was deur geoplitieke spanning.
METINGS PROSES
Wanneer ons hierdie sektor uit die algehele indeks weglaat verskuif die groei vanaf 37.94% na 21.36% vir die hele 2025(1 Januarie 2025 tot 31 Desember 2025). Dit is ‘n verskil van 16.58%. Om dit te bevestig moet ons dit deur middel van prestasietoetsings aan die hand van grafieke illustreer, waarna dit bespreek moet word.
Waarom die prestasiemeting?: Edelmetale is baie siklus van aard – kortstondige vraag en aanbod. Die huidige lopie van die edelmetale is langer as normaalweg, en is nog steeds nie oor nie. As gevolg van die siklusse aard van edelmetale kan hulle baie, baie vining val ook, en daarom die oefening wat ‘n beter geheelbeeld van die JSE uitbeeld vir beleggers, en toekomstige beleggers, sodat hulle bedag daarop kan wees en waak teen oor optimisme.
Die volgende vernaamste Aandele Markte was betrek by die prestasiemeting:
(Die metingstydperk strek vanaf 1 Januarie 2025 tot 31 Desember 2025 – een jaar.)
- CAC-40 van Frankryk
- DAX van Duitsland
- FTSE-100 van Engeland
- HANGSENG van Hong Kong
- JSE van Suid Afrika
- NASDAQ van Amerika
- NIKKEI van Japan
- SHANGHAI van China
- S&P 500 van Amerika
Die illustrasies bestaan uit drie(3) grafieke wat die volgende samestellings bevat:
- Die Aandele Markte Indekse met die JSE se algehele indeks wat edelmetale ingesluit;
- Die Aandele Markte Indekse met die JSE se algehele indeks wat edelmetale uitsluit.
- Die edelemetale sektor se indeks wat in die TOP40 gesetel is.
Die grootse markapitalisasie edelmetale is in die TOP40 indeks, en dit is juis hulle wat meer as 90% van die gewig dra in die edelemetale sektor, en daarom wil ons met die grafiek in punt “c” hierbo net illustreer hoe goed hulle werklik presteer het. Die grafiek by punt “b” was die hele edelmetale sektor “uitgesluit” in die JSE se algehele indeks, en nie net die TOP40 edelmetale sektor nie. Die grafiek by punt “a” sluit natuurlik die edel metale sektor in, en weerspieël dus die totale Algehele Indeks van die JSE.
ILLUSTRASIE GRAFIEKE EN BESPREKINGS(DIREK NA ELKE AFSONDERLIKE GRAFIEK)
- Die Aandele Markte Indekse met die JSE se algehele indeks wat edelmetale ingesluit

In hierdie grafiek staan die JSE uit tussen die ander vernaamste markte, met 37.94% groei, terwyl die naaste daaraan 27.24%(Shanghai van China) is – dit is 10.70% meer.
- Die Aandele Markte Indekse met die JSE se algehele indeks wat edelmetale uitsluit

Die JSE val met 16.58% – na 21.36%. Ewe skierlik neem die JSE die sewende(7) posisie in, uit ‘n totaal van nege(9) – derde laaste. Omdat die edel metale sektor baie wisselvallig is, bring dit uiters hoë risiko na die mark. Hierdie 16.58% groei kan binne twee/drie dae uitgewis word en die sektor in ‘n negatiewe bevind word, en “dit” kan baie verliese vir beleggers teweeg bring.
- Die edelmetale sektor se indeks wat in die TOP40 gesetel is

Hier het Sibanye Stillwater met ‘n 288.64% uitgestaan tussen die skare, terwyl Harmony wat die laagste is nogsteeds ‘n 110.53% opgelewer het. Die gemiddelde opbrengs van die sewe(7) edel metale was 197.90% vir dir jaar 2025.
UITKOMS
Die JSE se skynbare krag is grootliks ’n refleksie van die edelmetale sektor se opbrengste, sonder hulle prestasie vaar die algehele indeks swakker as van die ander wêreldmarkte. Die groot groei bestaan uit hoë risko’s waarvan die huidige en toekomstige beleggers kennis moet neem. ‘n Goed gediversifiseerde portefeulje volgens elkeen se risiko-aptyd is die enigste sekerheid vir stabiele langtermyn opbrengste.
(Die drie agtergrond fotos van die drie grafieke was van die Okovango Delta in Botswana)
***************************************************************************
Hierdie is my persoonlike mening en mag onder geen omstandighede as Finansiële/Beleggingsadvies gebruik word om enige beleggingsbesluite te neem nie. Bespreek dit eers vooraf met jou Portefeuljebestuurder.

Lewer kommentaar