DIE TOEKOMSTIGE BESIGHEIDSWÊRELD: HALFGELEIERS, KUNSMATIGE INTELLIGENSIE EN KWANTUMREKENAARS HERVORM DIE WÊRELDEKONOMIE – “EEN VIR ALMAL EN ALMAL VIR EEN”


INLEIDING

Hierdie drie masketiers met Brakenjan in hulle midde – is op die oorlogspad uit om die wêreld te herdefinering! Met die slagspreek “Een vir almal en almal vir een” bevestig hulle presies hoe interafhanklik die een van die ander is, en almal van mekaar is. “Die tegnologiese driehoek van werdersydse afhanklikheid”.

Hierdie drie masketiers gaan Finansies, Bankwese, Landbou, Medies, Fabriekswese, Motor/Vervoer, Energie, Mynwese, Ingenieurswese, Logistiek en Toerisme ontvorm tot beter vinniger, akkurater, en hoër werksvolume uitsette wat die spelreëls van die wêreldekonomie heeltemal gaan ontvorm.

Die krag in hierdie drie masketiers is in Algoritmis gestel, wat dien as die abstrakte, wiskundige grondslag waarop berekenings uitgevoer word, patrone ontleed word en besluitnemings verbeter word.

  1. In halfgeleiers optimaliseer algoritmes verwerkingsnelheid en energie-doeltreffendheid.
  2. In kunsmatige intelligensie vorm die kern van neurale netwerke en masjienleer, wat komplekse data-interpretasie en patroonherkenning moontlik maak.
  3. En in kwantumrekenaars word unieke algoritmes soos Shor se algoritme en Grover se algoritme gebruik om sekere berekenings eksponensieël vinniger te maak.

Hieronder is ‘n Tabel wat aandui wat die drie miskitiers doen, hoe dit die ander twee ondersteun, en waarop dit steun.

HALFGELEIERS: DIE LIGGAAM VAN TEGNOLOGIE

Halfgeleiers is die boustene van alle digitale stelsels. Sonder halfgeleiers kan geen slimfoon, motor, wolkrekenaar of KI-stelsel funksioneer nie. Hulle is die fisiese fondament van die digitale wêreld.

  1. GLOBAAL

Halfgeleiervoorsieningskettings bepaal geopolitieke mag. Dit is tans een van die handelswapens wat Amerika teen China gebruik, met swaar uitvoer tariewe

  1. PLAASLIK

Suid-Afrika kan ‘n rol speel deur seldsame grondstowwe soos Platinum, Palladium en Rhodium te produseer wat noodsaaklike elemente is in die vervaardiging van halfgeleiers. Suid-Afrika is baie ryk in hierdie tipe edelmetale.

  1. BELEGGINGSPOTENSIAAL

Omdat halfgeleiers so noodsaaklike geword het – in omtrent alle sektore van die ekonomie, bly die vraag geweldig groei, en is die vooruitsigte stabiele opbrengste in die afsienbare toekoms.

KUNSMATIGE INTELLIGENSIE: DIE BREIN VAN DIE TOEKOMSTIGE EKONOMIE

Kunsmatige Intelligensie omskep data in waarde en verhoog produktiwiteit. Dit is die intellektuele dryfkrag van die digitale era.

  1. GLOBAAL

Kunsmatige Intelligensie transformer Finansies, Bankwese, Landbou, Gesondheidsorg/Medies, Fabriekswese/Vervaardiging, Motorvervaardiging en verwante sektore, Energie, Mynwese, Ingenieurswese, Logistiek en Toerisme.

  1. PLAASLIK

Kunsmatige Intelligensie het in Suid-Afrika reuse vooruitgang tot stand gebring, veral in die landbou – groter en beter gehalte oeste op ‘n kleiner oppervlakte as in die verlede – koste doeltreffendheid wat lei tot better winsmarges. Die opbrengs uitsette op Kleiner grond, het die eiendomswaarde van landbougrond laat toeneem.

  1. BELEGGINGSPOTENSIAAL

Omdat Kunsmatige Intelligensie onlosmaaklike is van Halfgeleiers en Kwantumrekenaars is die vraag baie goed na hierdie tipe besighede, en lewer dus stabiele en hoë opbrengste.

KWANTUMREKENAARS: DIE VERBEELDING EN NUWE GRENS

Kwantumrekenaars is nog ontluikend, maar hul potensiaal is enorm. Hulle kan komplekse berekeninge teen ongekende spoed uitvoer en oplossings bied wat vandag onmoontlik lyk.

  1. GLOBAAL

Gesondheidsorg/Medisyne, materiaalwetenskap en energie-innovasie. Kwantumrekenaars se krag is in die verwerking van inligting deur kwabisse(qubits), wat in ‘n klein fisiese format baie meer berekeningstoestande kan voorstel.

  1. PLAASLIK

Suid-Afrika kan deelneem in universiteitsnavorsing en internasionale vennootskappe sluit, met byvoorbeeld Duirtsland se navorsings Instituut(Fraunhofer) waar kwantumrekenaars na die nywerheid gebring word deur die loods van Inqubator.  Hieruit word dit moontlik gemaak vir die Klein Mediumgrootte Ondernemings(KMO’s) om hul voor te berei vir die transformerende potensiaal van Kwantumrekenaars teen ‘n lae koste. Dit is ‘n vier-jaar projek geinisieer deur die Fraunhofer Instituut van Duitsland.

  1. BELEGGINGSPOTENSIAAL

Omdat die potensiaal van kwantumrekenaars nog in die ontvorming is, kan dit op korttermyn wisselvalig wees, maar op die langtermyn kan dit goeie opbrengste oplewer. Dit is dalk die moeite werd om net ‘n klein hoeveelheid “nou” aan die begin van hulle te koop.

SCENARIO’S VAN DIE INVLOED PER EKONOMIESE SEKTOR

Hieronder is ‘n Tabel wat die oorshoofse invloed aandui van die drie masketiers se invloed in die verskillende ekonomiese sektore.

STRATEGIESE INSIGTE VIR BELEGGERS

  1. HALFGELEIERS

Bly die ruggraat van tegnologie – ‘n veilige hoeksteen vir portefeuljes

  1. KUSMATIGE INTELLIGENSIE

Die mees dinamiese veld – bied onmiddelike groei en transformasie.

  1. KWANTUMREKENAARS

Nog ontluikend, maar ‘n opsie op die toekoms met eksponensiële potensiaal.

  1. DIVERSIFIKASIE

‘n Portefeulje wat al drie dek, kry toegang tot stabiliet, groei en innovasie – wat ‘n opwindende rit.

SAMEVATTING

Die toekomkstige besigheidswêreld is ‘n verweefde ekosisteem waar halfgeleiers die liggaam, Kunsmatige Intelligensie die brein, en kwantumrekenaars die verbeelding weergee. Saam herskryf hulle die spelreëls van die wêreldekonomie. Vir Suid-Afrika en beleggers wêreldwyd beteken dit dat ‘n portefeulje wat hierdie drie pilare dek, nie net die hede beskerm nie, maar ook die toekoms insluit. Die voortdurende aanpassings en veranderings kan opwindend wees wanneer die verskillende maatskappy- en markontledings gedoen word.

Hier is ‘n paar oorsee se aandele waarin die drie masketiers aktief is:

  1. ELMOS Semiconductor AG – Halfgeleier op die Duitse DAX genoteer
  2. Infineon Technologies AG – Halfgeleier & Kunsmatige Intelligensie op die Duitse DAX genoteer
  3. Siemens AG – Kunsmatige Intelligensie op die Duitse DAX genoteer.
  4. NVIDIA Corp. – Halfgeleiers & Kunsmatige Intelligensie op die NASDAQ genoteer
  5. Broadcom Inc. – Halfgeleiers & Kunsmatige Intelligensie op die NASDAQ genoteer
  6. Advanced Micro Devices – Halfgeleiers & Kunsmatige Intelligensie op die NASDAQ genoteer.
  7. IonQ Inc. – Uitsluitlik Kwantumrekenaars maar werk ook met Kunsmatige Intelligensie wat op Kwantumrekenaars van toepassing is – is op die New York Stock Exchange genoteer
  8. D-Wave Quatum Inc. – Uitsluitlik Kwantumrekenaars maar werk ook met Kunsmatige Intelligensie wat op Kwantumrekenaars van toepassing is – is op die New York Stock Exchange genoteer.

Hierdie is my persoonlike mening en mag onder geen omstandighede as Finansiële/Beleggingsadvies gebruik word om enige beleggingsbesluite te neem nie. Bespreek dit eers vooraf met jou Portefeuljebestuurder.


Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar