VOLHOUBARE BOERDERYE: DIE SUKSES DAARVAN LÊ IN DATA BESTUUR WAT WEERSPIEËL WORD IN DIE FINANSIËLE VERHOUDINGS WAT VAN TOEPASSINGS IS OP ELKE UNIEKE BOEDERY ENTITEIT


INLEIDING

Die heedendaagse boer word onder geweldige druk geplaas veral in die Suidpunt van Afrika. Almal beleef faktore soos; 1) Minimum lone; 2) Geen gesubsideerde staatshulp; 3) Onvriendelike Arbeidswetgewing; 4) Onvriendelike belastingwetgewing, soos die belas van water(al is dit ‘n opgaardam wat net van reënwater afhanklik is) – hierdie wetgewing het nooit voorheen bestaan nie; 5) Die grondonteieningswetgewing – met die ongereieflike van “sonder vergoeding” wat daarin vervat is – billike markwaarde sal ook in die slag bly tydens “sogenaamde” voorafgaande prysonderhandelings. Wat bly oor?

Terwyl van die politieke partye en Burgerlike organisasies die stryd teen hierdie wetgewing stry, bly daar net een alternatief oor, en dit is om daarna te bly streef om produktiwiteit te maksimaliseer – en “dit” sluit ‘n klomp faktore in. Boerdery se sukses van beter prestasies is vervat in “data vaslegging” en die wyse hoe hierdie data aangewend word om beter praktyke/maniere te vind(voortdurende innovasie) om byvoorbeeld die uitwerking van droogtes te versag in swakker jare, en om maniere te vind hoe om in goeie tye die produksie uitsette te optimaliseer. (Altyd opsoek na nuwe en innoverende maniere – toetsings en implimentering van nuwe, of bykomende vertakkings). Onthou! Dit is die hoogs gemotiveerde deelnemer met die beste wedstrydplan wat die meeste sukses behaal.

HOE MEET ONS DIE BOERDERY UITSETTE

Om te evalueer of hierdie praktiese implimenterings wat die boer voortdurend op die proef stel, werklik die posisie van die boerdery verbeter het “oor tyd”, moet ons ‘n metingstelsel hê, en hierdie metingstelsel kan al hoe meer intensiewer word afhangende van die aard van verskillende boerdery vertakkings.

Wat meet ons, en wat maak ons met dit wat ons meet? Die gedeelte van “wat maak ons met dit wat ons meet?” is deurslaggewend indien ons met inspanning daarna streef tot beter opbrengste en beter praktyk gerigte resultate. Daarom sal die boer baie afhanklik wees van praktiese “data Statistiek” om toekomstige probleme beter te kan hanteer, en of uitbreidings met vertroue te implimenteer. Daar is vandag verskeie data-programme wat die boer help om spesfieke inligting te bekom waaruit hy/sy daagliks moet bestuur om doeltreffendheid en winsgewindheid te verhoog. Hierdie programme sal die volgende vrae moet beantwoord/aanspreek: 1)  Hoe goed is ons boerdery in wins generering?; 2)Word prestasie beter of vererger dit?; 3)Hoeveel beter kan ons boerdery doen?; 4) Hoe vergelyk ons met ander boere in dieselfde kategorie en dieselfde besigheidsmodelle as ons tipe boerdery?; 5) Hoe weet ons dit?, en 6) Wat maak ons daarmee?. Hierdie vrae word weerspieël in die finansiële bedryfsverhoudings wat direk uit die finansiële state se resultate kom. Die ander bestuurs- of data-programme is hulpmiddels tot werklike resultate soos gemeet word in finansiële verhoudings. Verskillende Finansiële verhoudings gaan van toepassing wees op verskillende tipe boerderye, alhoewel daar baie gaan wees wat almal gaan gebruik.

UIT DIE FINANSIËLE STATE VAN DIE BOERDERY

Daar bestaan twee winsgewindheidsverhoudings kategorië, naamlik: 1) Die margeverhoudings en; 2) Die opbrengskoers. Margeverhoudings verteenwoordig die Boerdery se vermoë om die Inkomste van Rande te vertolk in wins. Opbrengskoers meet die algemene vermoë van die boerdery om aandeelhouers rykdom te genereer.

  1. MARGEVERHOUDINGS

Daar is vier margeverhoudings, waarvan drie in die “Staat van Omvattende Inkomste” voorkom, en een in die “Kontantvloei Staat”

  1. BRUTO WINSMARGE

Die bruto winsmarge kyk na die koste van goedere verkoop as ‘n persentasie van verkope. Hierdie verhouding kyk na hoe goed ‘n boerdery die koste van sy uitsette beheer en daarna die koste aan sy kliënte oordra. Hoe groter die bruto winsmarge , hoe beter vir die boerdery. Die berekening is: Bruto wins / netto verkope = ____%. Albei terme van die vergelyking kom uit die Staat van Omvattende Inkomste.

  1. BEDRYFSWINSMARGE

Bedryfswins is ook bekend as EBIT(Earnings Before Interest & Tax) en word op die Boerdery se Staat van Omvattende Inkomste aangetref. EBIT is verdienste voor rente en belasting. Die bedryfswinsgrens kyk na EBIT as ‘n persentasie van verkope. Die bedryfswinsmarge-verhouding is ‘n mate van algehele bedryfsdoeltreffendheid, wat al die uitgawes van gewone daaglikse sake-aktiwiteite insluit. Die berekening is: EBIT / netto verkope = _____%. Albei terme van die vergelyking kom uit die Boerdery se Staat van Omvattende Inkomste.

  1. NETTO WINSMARGE

Wanneer ons ‘n eenvoudige winsgewendheidsverhoudinganalise doen, is die netto winsmarge die mees gebruikte marge verhouding. Die netto winsmarge toon aan hoeveel van elke verkoops Rand as netto inkomste verskyn nadat alle uitgawes betaal is. As die netto winsmarge byvoorbeeld 5 persent is, beteken dit dat 5 sent van elke Rand wins is. Die netto winsmarge meet winsgewendheid na oorweging van alle uitgawes, insluitende belasting, rente en waardevermindering. Die berekening is: Netto inkomste / netto verkope = _____%. Albei terme van die vergelyking kom uit die Staat van Omvattende Inkomste.

  1. KONTANTVLOEIMARGE

Die kontantvloeimarge-verhouding is ‘n belangrike verhouding aangesien dit die verhouding tussen kontant uit bedrywighede en verkope uitdruk. Die boerdery het kontant nodig om verskaffers, en algemene dienste te betaal en in nuwe kapitale bates te belê, dus kontant is net so belangrik as wins aan ‘n besigheidsfirma. Die kontantvloeimarge-verhouding meet die vermoë van ‘n firma om verkope in kontant te verklaar. Die berekening is: Kontantvloei uit bedryfskontantvloei / Netto verkope = _____%. Die teller van die vergelyking kom uit die boerdery se Kontantvloei Staat . Die noemer kom uit die Staat van Omvattende Inkomste. Hoe groter die persentasie, hoe beter.

  1. OPBRENGSTEKOERS
  2. OPBRENGS OP BATES(ook genoem opbrengs op beleggings)

Die verhouding opbrengste op bates is ‘n belangrike winsgewendheidsverhouding omdat dit die doeltreffendheid waarmee die Boerdery sy belegging in bates bestuur en die wins aangewend, meet. Dit meet die hoeveelheid wins wat verdien word relatief tot die boerdery se beleggingsvlak in totale bates. Die opbrengs op bates-verhouding hou verband met die batebestuurskategorie van finansiële verhoudings . Die berekening vir die opbrengs op bates verhouding is: Netto Inkomste / Totale Bates = _____%. Netto inkomste word in die Staat van Omvattende Inkomste verkry en totale bates kom in die balansstaat voor. Hoe hoër die persentasie, hoe beter, want dit beteken dat die boerdery sy bates doeltreffender aanwend tot groter winsgenereering.

Hierdie is ‘n baie belangrike metingsinstrument. Die kapitaal(totale bates) wat aangewend word om ‘n uitset in die vorm van wins te lewer as ‘n presentasie. Dit kan soms baie klein wees, en soms ‘n baie goeie opbrengs op ons kapitale uitleg lewer, dit gaan alles afhang van – eerstens, in watter tipe boerdery vertakings ons, onsself bevind, en tweedens – verbeter ons voortdurend ons bedryfsmetodes, en implimentering ons ook nuwe innoverende bedryfsvertakings tot hoër uitsette in die vorm van wins.

  1. OPBRENGS OP EKWITEIT

Ons gaan dit nie hier bespreek nie, aangesien dit gaan oor die opbrengs van aandeelhouers opbrengs in ‘n maatskappy.

  1. KONTANTOPBRENGS OP BATES

Ons gaan dit ook nie hier bespreek nie, aangesien die kontantopbrengs op bates-verhouding gewoonlik slegs in meer gevorderde winsgewendheidsverhoudinganalise gebruik word, en nie eintlik hier van toepassing is nie.

ALGEMENE ONDERSTEUNENDE PRAKTIESE METINGS

Die “data statistiek” waarna verwys was hierbo, strek baie wyd(data/bestuurshulpmidel programme), en sluit ook praktiese ondersteunende inligting in om die “winsgewendheidsverhoudings” uit die boerdery se Finansiële State te verbeter – oor tyd.

Alhoewel daar baie fyner besonderhede is wat praties toegepas moet word om die opbrengs per hetaar te bepaal van elke gewas, en van hierdie besonderhede kan vervat wees in die data wat versamel is oor die jare heen.

Voorbeelde:

  1. DIE GEWASSE VERBOUINGS BOERDERYE
  1. Bereken ons die wins per hektaar van elke mielie-oes per seisoen?
  2. Bereken ons die wins per hektaar van elke sonneblom-oes per seisoen?
  3. Bereken ons die wins per hektaar van elke sojaboon-oes per seisoen?
  4. Bereken ons die wins per hektaar van elke koring-oes per seisoen?

Uit elkeen van hierdie vier gewasse as voorbeeld, moet ons ons bly afvra – watter boerdery praktyke/metodes kan ons toepas om die winsgewendheid van elke gewas per hektaar te verhoog. Is daar beter kultivaars beskikbaar, en of beter presiesie boerdery metodes – bv. Hommeltuie vir die toediening van gifstowe i.p.v. ‘n vliegtuig huur om dit toe te dien, ens. Die strewe om winsgewendheid te verhoog word gebore deur innovasie en nuwe denke. Indien hierdie wins per hektaar gemaksimaliseer word, gaan ons Finansiële State se winsgewendheidsverhoudings outomaties verbeter. “Wat ons in die praktyk op die land doen – gaan na die Finansiële State toe”

  1. DIE BEES BOEDERY
  1. Bereken ons ons uitset in wins per hektaar?
  2. Bereken ons ons wins in kilogram vleis gelewer per hektaar ook?

Watter beesras is die geskikste vir die omgewing waar ons boer? Indien ons ‘n speenkalfboerdery bedryf, gebruik ons ‘n medium raam koeie met baie melk? Pas ek grondbewaring toe, om seker te maak dat die regte voedingsamestelling bevorder word, om my langtermyn Groot Vee Eenheid(GVE) per hektaar te verhoog tot die norm van die omgewing, of dalk net ‘n rapsie hoër as die norm(sodat ons volhoubaar en winsgewend kan boer)? Is my wisselwydingstelsel effektief? Is my kampstelsels en suipings effektief? Die aanpassings en impak van somer- en winterlekke se invloed.

Die strewe om winsgewendheid te verhoog word gebore deur innovasie en nuwe denke. Indien hierdie wins per hektaar gemaksimaliseer word, gaan ons Finansiële State se winsgewendheidsverhoudings outomaties verbeter. “Wat ons in die praktyk toepas, se prestasie word in die Finansiële State weerspieël”

AFSLUITING

Finansiële verhouding analise is slegs ‘n goeie metode van finansiële analise as daar vergelykende data beskikbaar is. Die verhoudings moet vergelyk word met beide historiese data vir die Boerdery self, en die direkte boerdery industrie(wat met dieselfde tipe boerdery en selfde omstandighede boer as ons) se data.

Daar is soveel finansiële verhoudings – likiditeitsverhoudings , skuld- of finansiële hefboomverhoudings, doeltreffendheid of batebestuursverhoudings, en winsgewendheidsverhoudings – dat dit dikwels moeilik is om die groot prentjie te sien. Ons kan soms in die fyn besonderhede vasgevang word, dat ons nie die korrekte toepassings en ontleding daarvan besef nie, en daarom gaan net sekere metings van finansiële verhoudings op ‘n spesifieke unieke boerdery entiteit van toepassing wees.

Een metode wat sake-eienaars kan gebruik om al die verhoudings op te som, is om die Dupont-model te gebruik. Die Dupont-model kan ‘n sake-eienaar wys waar die komponente van die opbrengs van bates (of opbrengs op beleggingsverhouding vandaan kom sowel as die opbrengs op ekwiteitsverhouding). Die “ROA”(Return On Assets – Opbrengs op Bates), ensovoorts. Die DuPont-model is baie nuttig vir sake-eienaars om te bepaal of finansiële aanpassings gemaak moet word.

Ek sou sê, indien ons as boere die volgende hoof Finansiële Verhoudingsindekse(met die spesifieke Finansiële Verhoudings in elke indeks) in sy metingstelsel met inspanning nastreef, het ons alles gedek wat ons kon – uit ‘n Finansiële perspektief. (Daar kan dalk net sekere finansiële verhoudings geselekteer word wat van toepassing is op die spesifieke boerdery):

  1. DOELTREFFENDHEID(EFFICIENCY)
  2. LIKIDITEIT(LIQUIDITY)
  3. WINSGEWENDHEID(PROFITABILITY)
  4. SOLVENSIE(SOLVENCY)

Boerdery eiendomme(plase) se waardasies gaan in die toekoms meer en meer bepaal word deur die opbrengs per hektaar, met inag genome van moontlike ontwikkelings. Dit is dan ook die enigste manier wat ons die waarde van ons plaas/e kan verhoog.

Hierdie inligting het ten doel om die beginsels in die praktyk toe te pas met inag genome van ons unieke omgewing. Hoër produktiwiteit lei tot hoër winsgewendheid, wat weer lei tot volhoubaarheid. Die toekoms lê opgesluit aan doeltreffende “data versameling”, doeltreffende ontleding en aanwending van hierdie data tot beter boerdery metodes en boerdery praktyke met die doel om finansiële verhoudings te dryf en te maksimaliseer. Dit is wat ons gaan onderskei – ten spyte van die swaard van onteiening sonder vergoeding.

((Net die formele Landbou sektor(informele Landbou sektor uitgesluit) dra ongeveer 14% by tot Suid Afrika se BBP(Bruto Binnelandse Produk)).


Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar