‘N Herstruktureringstrateeg is ‘n spesialis met unieke vaardighede, waar die uitkoms soms ongewilde besluite kan wees uit ‘n publieke oogpunt, maar eintlik is dit ‘n vroegtydige redding deur ratte te verwissel, om die bestaande entiteit in ‘n ander rigting in te stuur, en of om die bestaande besigheid net te verkoop(om verskeie gesonde besigheidsbeginsel), en of om dadelik weer in ‘n ander entiteit te belê. Dit kan soms wees dat ‘n besigheid meer kapitaalintensief is as wat verwag was, en die hoeveelheid kapitaal wat nog geinvesteer moet word baie jare sou neem om die gelykbreekpunt(m.a.w. die punt waar die wins en verlies gelyk aan mekaar is) te bereik. Hierna sal nog baie jare moet verloop om alle geinvesteerde kapitaal op te maak – geprojekteerde groei en wins inag geneem. Insolvensie is wanneer die besigheid of individu se finansiële laste sy finansiële bates oorskry, en as gevolg hiervan beland hulle in ‘n posisie waar die besigheidsinkomste of die individu se inkomste nie meer die uitstaande skulde kan diens nie.
“Wanneer ‘n tak gesnoei word, is dit nie ‘n teken van dood nie! – dis voorbereiding vir groei!”
- INLEIDING: WAT IS HERSTRUKTURERING?
- DEFINISIE VAN HERSTRUKTURERING EN AFSTORTING
Herstrukturering is die proses om ՚n onderneming se strukture (wetlike, eienaarskap, operasionele of ander strukture) te herorganiseer met die doel om meer winsgewend te wees of beter aan operasionele vereistes te voldoen, en soms selfs om die onderneming heeltemal te verkoop, en in ‘n ander entiteit te belê, en of net van sekere departement in afdelings uit te bestuur(sluit), ensovoorts.
- VERSKILLENDE TIPES HERSTRUKTURERING: FINANSIËLE, OPERASIONELE, STRATEGIESE
Wanneer Finansiële herstrukturering plaasvind, is dit gebaseer op ‘n goeie diagnose van die besigheid, en kan die volgende fokus areas insluit: (1) Konsolidasie van skulde; (2) Om nuwe ooreenkomste met verskaffers te beding; (3) Stel debiteure inkennis dat krediet verkope voortaan vanaf 30 dae verminder word na 20 dae(byvoorbeeld), en dat rentekoerse op agterstallige skulde wat gehef gaan word met 1% verhoog(inlyn met die kredietwet), ens.; (4) Oortuig bestaande beleggers om meer investerings in die besigheid te maak om die unieke situasie van die besigheid op die korttermyn te oorbrug, ens. Operasionele herstrukturering kan die sluit van nie-winsgewende departement wees, en moontlike verskuiwings van personeel in hierdie afdeling na die mees winsgewendste afdelings, en hierdie afdelings drasties uit te brei, ens. Alles is ‘n uitvloeisel uit die strategiese plan waarop besluit is.
- SUKSESVOLLE HERSTUKTURERINGS(PLAASLIK)
Toe die Bouvereningings omgeskakel was na banke, het ‘n totale herstrukturering plaas gevind binne in elkeen van hierdie organisasies self. Daar was ook samesmeltings, en of oornames tussen hulle – byvoorbeeld: Die United-, Allied, en NBS Bouverenings is deur ABSA oorgeneem.(NB.Die ou NBS was die “NATAL BUILDING SOCIETY”)
- KAPITAALINTENSIWITEIT EN DIE GELYKBREEKPUNT
- WAT BETEKEN KAPITAALINTENSIWITEIT
Hoë kapitaalintensiteit impliseer dat ‘n maatskappy hoë vaste koste en lae veranderlike koste het. Dit beteken dat die maatskappy ‘n groot hoeveelheid vaste koste moet dek voordat hy wins kan maak, wat die gelykbreekpunt verhoog, en of die gelykbreekpunt oor ‘n baie langer termyn bereik sal word. Hoë kapitaalintensiteit skep ‘n hindernis vir toegang vir nuwe toetreders, aangesien hulle ‘n groot aanvanklike belegging moet maak om die mark te betree. Hoë kapitaalintensiteit skep ook skaalvoordele, aangesien die gemiddelde produksiekoste daal namate produksie toeneem. Daar word in kapitaalintensiewe maatskappye belê omdat die na die gelykbreekpunt bly uitgebrei kan word, en die inkomste oor ‘n baie langtermyn dalk meer winsgewend is.
- TYDLYN TOT GELYKBREEKPUNT: HOEKOM SOMMIGE ENTITEITE JARE NEEM VOORDAT HULLE WINSGEWEND WORD
Hieronder is ‘n Tabel van kapitaalintensiewe entiteite/sektore wat die rede gee hoekom hulle kapitaalintensief is, asook hoe lank dit sal neem om gelyk te breek.

KENMERKE VAN SULKE ENTITEITE
- Hoë vaste koste: Grond, masjinerie, navorsing en ontwikkeling, regulatoriese nakoming.
- Lae veranderlike koste: Eenhede word goedkoper namate volume toeneem.
- Lang aanloopfase: Geen of min inkomste in die beginjare.
- Afhanklik van eksterne faktore: Regeringsbeleid, globale pryse, tegnologie.
- STRATEGIESE REDES VIR VROEËë VERKOOP
Strawe intensiewe kompetisie verleng ook nog die tydperk wanneer die gelykbreekpunt bereik sal word, asook die tydperk om weer verlore kapitaal op te maak na die gelykbreekpunt bereik is. Omgewingsfatore wat direk die bedryf raak kan ook sekere insetkostes die hoogte laat inskiet.(Byvoorbeeld: In die sektor luukse busvervoer: Die kliënte basis groei stadig, maar teen ‘n konstante tempo, en toe die uitbreidingspunt bereik word om nog ‘n bus aan te koop, het hul pryse met 25% gestyg oor die afgelope twee jaar. Hierdie kapitale uitleg moet uit die eienaar se sak kom, want die gelykbreekpunt is nog glad nie bereik nie).
In hierdie en soortgelyke situasies word die herstruktureringstrateeg se ratsheid, en insig tot die uiterste beproef, wat hom/haar voor keuses te staan bring(insamewerking met die eienaar/s), naamlik:
- Moet die besigheid in totaal verkoop word, en alle bedrywighede gestaak word, of
- Moet die besigheid geherstruktureer word, en net sekere afdelings verkoop word, of
- Moet die besigheid verkoop word, en die kapitaal hieruit in ‘n heel ander entiteit van besigheid belê word.(Aankoop van ‘n bestaande besigheid & of te belê in ‘n ander entiteit van besigheid wat die eienaars self van die begin af wil opbou)
Elkeen van hierdie drie redes sal ‘n reeks van moontlikhede en uitkomste bevat voordat daar ‘n finale besluit geneem sal word. Watter besluit ookal geneem gaan word, sal dit altyd die opsie insluit waar die eienaar/s se kapitaal ge-optimalisering moet word.
- PUBLIEKE PERSEPSIE vs WERKLIKHEID
So in ‘n groep maak een nou die dag ‘n opmerking teenoor ‘n direkteur van ‘n verkoopte maatskappy, dat hy hoor sy maatskappy is insolvent verklaar. Ja! Dis ook maar eintlik net uit onkunde. (In hierdie geval was die maatskappy net bloot verkoop, en ‘n totaal ander nuwe entiteit van besigheid het uit daardie kapitaal voortgespruit).
Daar is ‘n reuse verskil tussen insolvensie/bankrotskap en strategiese afstorting(verkoop van die besigheid). Wanneer ‘n maatskappy insolvent is, word die maatskappy gesekewestreer – en nie die direkteure nie – behalwe waar ‘n direkteur/e waarborge/skulbriewe aan die maatskappy verskaf het, dan word die direkteur/e aanspreeklik gehou ten opsigte van daardie skulde wat vir die insolvente maatskappy ingevorder moet word om die insolvente maatskappy se skulde te delg. Indien dit daarop neerkom dat die direkteur/e nie oor die nodige fondse beskik waarvoor hy/sy borg geteken het nie, kan dit eers dan lei tot insolvensie van sulke ditekteure.’N Maatskappy is ‘n losstaande regsentiteit – kan ander dagvaar en ook gedagvaar word. Die direkteur se verantwoordelikheid en aanspreeklikheid is vervat in die maatskappywet, en die KING IV verslag waar van toepassing, en hiervoor kan direkteur/e aanspreeklik gehou word t.o.v. hoe hulle die maatskappy bestuur.
Met strategiese afstorting, word bedoel dat ‘n maatskappy ‘n proses deurgaan soortgelyk soos die van ‘n vrugteboom wat in die vroeë lente gesnoei word. Sommige bedryfsvertakkings wat nie winsgewend is nie word verkoop, en alle oorblywende interne bedryfsvertakkings word geherposisioeneer(strategies geherstruktuur volgens ‘n unieke besigheidsbenadering vir daardie spesifieke bedryfsvertakking, maar wat ook inpas in die oorkoepelende moedermaatskappy se strategie).Afdelings binne bedryfsvertakkings kan ‘n hergroepering deur maak(saamgevoeg word), en of sommiges kan heeltemal gesluit/toegemaak word. Indien die maatskappyk heeltemal verkoop word, word die kapitaal soms in ‘n heel totale nuwe, en ander entiteit belê.
’N Besluit tot ‘n afstorting is nie ‘n noodgreep tot die maatskappy se redding nie, maar eerder om ‘n doeltreffender manier te vind vir die aanwending van die opbrengs van die kapitale uitleg, en waar die direksie hulle meer in kan uitleef.
Hier word die boom met sorg gesnoei, met die eindoel om maksimum vrugte te dra.
“Wanneer ‘n tak/ke van die boom gesnoei word, is dit nie ‘n teken van dood nie! – dis voorbereiding vir groei, en die dra van baie vrugte!”
- DIE GESINDHEID EN WYSHEID VAN HERSTRUKTURERINGSTRATEGIEË
Dit is raadsaam om ‘n behoorlike prosses van herstrukturering te laat doen deur ‘n spesialis – indien dit deur die direksie oorweeg sou word.(m.a.w. kyk na alles, want dit is soms ‘n duur oefening – afhangende van die omvang van die besigheid)
So ‘n omvangstudie is nie ‘n “Micky Mouse” oefening nie, maar ‘n indiepte gestruktureerde en gereguleerde strategie om die gestelde einddoelwit te verwesenlik.
Die omvang van ‘n voorbeeld is geweldig groot, en daarom gee ons maar net ‘n kern oorsig in ‘n sin of twee, om ‘n idee te vorm van wat dit behels.
In alle Herstrukturering-, Re-ingenieurswese- of Omkeerproses, moet regverdiging gebaseer wees op die verkryging van die regte diagnose en die implementering van die regte strategie deur middel van ‘n evaluering van die kliënt se finansiële struktuur, finansiële
gesondheid, bemarkingstrategie, algemene werknemerontevredeheid en prestasie, operasionele prestasie, benutting van bates en baie ander dinge.
Omkeerbestuur behels die omsigtige diagnose en behandeling van of jy met ‘n pasiënt in die intensiewe sorgeenheid te werk gaan – sonder vertraging(want dit kan in ekstreme geval wees – ‘n situasie van lewe en dood vir sommige pasiënte).
- SLOT
Die raakvat snoei proses van die vrugteboom het nie net die boomvoorberei vir beter groei, en die dra van baie meer vrugte nie – dit het sommer uitgebrei na die hele boord!
Wees geduldig met die boom – hy het nie deur insolvensie tot niet gegaan nie, maar deur die behandelingsproses, so uitgebrei, dat dit die hele boord nou in volle drag is.

Lewer kommentaar