
INLEIDING
Die prysverdienste verhouding is die mees fondamentele van alle markverwante verhoudings. Dit word al dekades lank deur staatmakers in die beleggingsgemeenskap gebruik. Byna alle ander markverwante verhoudings is ‘n variasie van die prysverdienste verhouding.Daar is net een redding in onsekere of volitalitiewe markte, en dit is ‘n fundamentele waardasie, waarvan die “P/V” een van die metingsinstrumente is, en ook ‘n baie belangrike een is. ‘n Prysverdienste verhouding is ‘n maatstaf van die huidige aandeelprys van ‘n maatskappy in verhouding met sy verdienste per aandeel(markwaarde per aandeel gedeel deur verdienste per aandeel). Dit is ‘n baie eenvoudige metingsinstrument wat deel is van die fundamentele waardasie, en tog is daar so baie wat foute maak met die intrepretasie daarvan. Hierdie “P/V”(in engels P/E – Price Earnings) help ons, om vas te stel of ‘n aandeel duur is, of relatief goedkoop is, mits ons dit reg intrepreteer.
BEREKENING VAN DIE PRYSVERDIENSTE VERHOUDING
Die formule is soos volg:
P/V = Aandeel prys ÷ Verdienste per Aandeel
Kom ons neem NASPERS as voorbeeld:
Die inligting wat volg word verkry uit die nuutste Finansiële State van die maatskappy. NASPERS se jaareinde sluit jaarliks op 31 Maart. Die van 31 Maart 2026 is nog nie gepubliseer nie – ons werk dus op 31 Maart 2025 se inligting. Die aandeelprys was op 31 Maart 2025 R698.8383, en die Verdienste per Aandeel was R11,182.28. Dan sal die P/V = R11,182.28 gedeel deur R689.8383 = 16.21. Ons Prysverdienste Verhouding is dus 16.21. Hierdie verhouding van 16.21 dui ook aan die aantal jare wat dit die maatskappy gaan neem om teen die huidige wins, die aandeelhouers se kapitaal sal kan terug betaal.
Hierdie P/V kan ook direk van die maatskappy se Finansiële State verkry word.
INTREPRETASIE VAN DIE PRYSVERDIENSTE VERHOUDING
Bo-en behalwe die Prysverdienste Verhouidng is daar nog agt(8) ander Finansiële Verhoudings wat in die kategorie van “waardasie verhoudings” resorteer om ‘n fundamentele waardasie van ‘n maatskappy/e te doen, naamlik(engelse afkortings): PEG; P/B; P/S; EV/EBITDA; P/S; DY; FTCE(Free Cash Flow to Equity); DP, en MRC(Market Capitalization). Hierdie gesamentlike verhoudings is die fondament van die “waardasie verhoudings” van die betrokke maatskappy,
Hoë P/V: Kan ‘n aanduiding wees dat beleggers hoë groei in die toekoms verwag, maar dit kan ook beteken dat die aandeel oorwaardeer is. Wanneer die bestelboek van ‘n maatskappy enorme bedrae beloop is dit ‘n teken dat die maatskappy hoë groei in die toekoms verwag, maar indien die maatskappy se vraag na produkte of dienste besig is om ted aal, en die P/V is hoog, en ook hoër as sy mededingers se P/V is hierdie aandeel oorwaardeer.
Lae P/V: Kan beteken dat die aandeel goedkoop is, of dat die mark lae groei ondervind, en risiko’s voorsien.
Vergelyking: Die betrokke maatskappy se P/V moet altyd vergelyk word met die maatskappye in dieselfde sektor en subsektor, asook die mark gemiddeld. Indien verskille wesenlik is, moet verdere ondersoek ingestel word. Dit is net PROSUS wat saam met NASPERS in dieselfde sektor val, naamlik: “VERBRUIKERS DIGITALE DIENSTE”. PROSUS se Finansiële State sluit ook 31 Maart van elke jaar, die P/V was 17.89 op dieselfde tyd as NASPERS se 16.21. Omdat hulle eintlik in ‘n mate nog uit dieselfde stal kom(oor en weer aandeelhoudings) dra hul vergelykkings nie veel gewig nie.
Tydsfaktor: P/V’s kan voortdurend oor tyd verander, namate die winste van die maatskappy groei, en of as aandeelpryse wissel.
BEPERKINGS VAN PRYSVERDIENSTE VERHOUDINGS
Is nie nuttig vir maatskappye met negatiewe verdienstes nie
Kan misleidend wees in sektore met groot sikliese skommelings. Veral nou met die edelmetale wat dramaties gestyg het, en met die olie krises baie volitaliteit toon.
Moet saam met ander maatstawwe gebruik word(bv.PEG-Verhouding, dividendopbrengs, skuldvlakke, ens)
PRAKTIESE TOEPASSING
Deur dit reg te intrepreteer kan die belegger groot baat daarby vind, om ‘n idiee te kry wat die maatskappy se stand is, maar daar moet ook nie uit die oog verloor word nie, dat dit altyd insamewerking met ander Finansiële Verhoudings, en omvattende studies van die maatskappy gebruik moet word. Dit is baie nuttig vir ‘n vinnige idiee van waar die maatskappy staan.
Die banksektor se P/V’s is gewoonlik baie stabieler as enige ander sektor sin. Dit kan enige iets tussen 7 na 15 wees, terwyl die edelmetale geweldig wisselvallig is bv.: Sibanye Still Water se P/V was 30 Junie 2025 13.22 en is tans 32.92. Daarom is sektor vergelykings belangrik.
Die belegger moet altyd die P/V in konteks bestudeer en nie in isolasie nie.
SLOT
Alhoewel daar heelwat ander Finansiële Verhoudings is wat insamewerking en in konteks met die Prysvedienste Verhouding geevalueer moet word vir ‘n doeltreffende fundamentele waardasie, is die Prysverdienste Verhouding tog die mees fondamentele markverwante verhouding. Ons kan ‘n vinnige eerste evalueering maak of ‘n aandeel oorwaardeer of onderwaardeer is, en indien die aandeel ons interesseer, kan ons verder gaan na al die ander verhoudings wat in die kategorie “waardasie verhoudings” resorteer, naamlik(engelse afkortings): PEG; P/B; P/S; EV/EBITDA; P/S; DY; FTCE(Free Cash Flow to Equity); DP, en MRC(Market Capitalization). Hierdie gesamentlike verhoudings is die fondament van die “waardasie verhoudings” van die betrokke maatskappy. Alhoewel die volgende kategorieë van Finansiële Verhoudings in die “fundamentele waardasie” van maatskappye voorkom: WAARDASIE VERHOUDINGS; WINSGEWENDHEIDS VERHOUDINGS; LIKIDITEITES VERHOUDINGS; DOELTREFFENDHEIS VERHOUDINGS; SKULD VERHOUDINGS, en INTRINSIEKE WAARDE is die Prysverdienste Verhouding tog die een wat in ‘n mate by elke “waardasie verhouding” se uitkoms sal beinvloed, en daarom is dit ‘n belangrike Finansiële Verhouding van ‘n fundamentele waardasie in die geheel. Die belegger kan dus ‘n baie goeie en vinnige idee – reg aan die begin kry van die betrokke maatskappy waarin hy/sy wil belê. Gebruik die Prysverdienste Verhouding gereeld, en wees deel van u hardverdiende beleggings se opbrengste.
Leave a Reply