
Die kultuur wat oor die jare in Suid Afrika geskep is, en ja ook bevorder is deur die vorige ANC-Regerende party se BEE en BBEE wetgewings, en hulle klou nogsteeds daaraan vas. Omdat ‘n Fisant se geheue swak is weet hulle gewoonlik nie waar hulle nes is nie, en lê hul eiers sommer in verskeie neste van hulle eie, en vergeet dan waar hulle gelê het. Dit is dus nie snaaks vir ‘n Fisant om sommer ‘n ander een se nes oor te neem nie, en die se eiers uit te broei nie. Netso probeer die korruptes enige onbewaakte nes vir hulle self toe te eien, sonder gevoel of respek – soos die Fisant. ‘n Fisant op ‘n nes moet dan vir 25 dae volhard om die eiers uit te broei, en as die kuikens in die openbaar verskyn waarna vervolging volg, laat die wetgewendegesag die gerieflikheid van oneindige appelle toe, sodat dit kan uit rek en uit rek met die uiteinde van ‘n onskuldig bevinding, en die Fisnat familie begin dan almal kuikens uitbroei, wat die populasie Fisant vergroot. In die geval van Jacob Zuma sloer hierdie saak sedert 14 Junie 2005(eerste hof verskyning) en hy is nogsteeds ‘n vry man, wat intussen ‘n politieke party ook nog gestig het.
Dit is deur wetgewing dat onbevoegde mense aangestel word, en dit lei tot ‘n kultuur van nie nakoming van beleid en prosedure, wat verder uitkring na wetteloosheid wat tot omkopery vir die toekening en verkryging van staatskontrakte lei.(Die Fisant kry dan so sy nes). Hierdie tendens het ontaard na ‘n nuwe beroep. Die staatsdiens is so deurtrek van korrupsie dat ‘n fluitjieblaser vrees dat hy/sy met hul lewe gaan boet indien hul durf praat. Die eerlike en opregte werker is in ‘n uitsiglose bestaan vasgevang.
Tog is die werklikheid, dat hierdie oneerlike verkryging van rykdom agtergelaat sal word in die fleur van sy/haar lewe, en die uiteinde is die van ‘n dwaas.
STAATSINSTELLINGS EN PLASLIKE REGERINGS SE BANKKROTSKAPPE OOR DIE AFGELOPE DEKADE
Hier volg ‘n inligtingslys(van name en sommiges is getalle teenoor die entiteite) van staatsinstellings wat ‘n reddingsboei of bankkrotskappe ondergaan het “net in die afgelope dekade”:
- Eskom: Het herhaaldelik reddingsboeie vanaf die Tesourie ontvang
- SAL/SAA: Het herhaaldelik reddingsboeie vanaf die Tesourie ontvang
- Poskantoor
- Denel
- PRASA
- Landbank
- Munisipaliteite – meer as 90% van die 257 Munisipaliteite was in finansiële nood
- Hospitale: Vier groot hospitale(Tembisa; Baragwanath; Mthatha General Hospital, en Livingstone in Port Elizabeth)
- Skole: Word deur die Tesourie befonds, maar ten spyte, het by meer as 3,000 skole die volgende probleme onstaan wat tot totale finansiële probleme gelei het: Onderbefondsing – veral in landelike gebiede; Korrupsie en Wanbestuur; Infrastruktuurkrisis; Noodfondse was ook aan verskeie skole beskikbaar gestel – veral vir gevaarlike puttoilette en herstel van stormskade.
- Polisie: Word ook deur Tesourie befonds – toerusting, en korrupsie
Hierdie lys is glad nie volledig nie, maar dit gee vir ons ‘n idee hoe ernstigheid die probleem is.
DIE ONGENOOIDE FISANT MOET VAN DIE NES AF
Met die Madlanga-kommissie wat korrupsie in die polisiediens ondersoek, is alreeds heelwat vervolgings gedoen. Die volgende Burgerlike organisasies en hulle oogmerke versterk die bevegting van oneerlike rykdom:
- OUTA – Fokus op belastingbetalers se verantwoordelikheid.
- Sakeliga – Beklemtoon ekonomiese Vryheid en regstaat.
- Helen Suzman Foundation – Bevorder grondwetlike waardes en regte.
- Corruption Watch – Mobiliseer publiek teen korrupsie.
- Afriforum – Neem private vervolgings waar die NVG nie optree nie
- Freedom Under Law – Litigasie om regstaat te beskerm.
- Section27 – Fokus op sosiale regte en verantwoordelikheid
Al hierdie bronne en hulpmiddels, stel die ongenooide Fisant op die nes aan die kaak, wat alles in die fleur van sy/haar lewe sal verloor, en die uiteinde is die van ‘n dwaas. Alle rykdom is verlore, en die kanse dat hierdie Fisant weer gaan werk kry is uiters skraal. Oneerlike rykdom, mag en hebsug hou nooit stand nie – die toekoms vooruitsigte van die Fisant gaan tot niet, en dit wat oorbly, is die van ‘n dwaas.
Leave a Reply