ANNUΪTEIT/E: DIE STRYD TUSSEN DIE TWEE EWIGE DURENDE VYANDE DUUR VOORT: “INKOMSTE/GROEI EN KOSTES/UITGAWES”

Johan Schreuder Avatar

ARTIKEL 3

Die opvolg artikel van artikel 1 & 2, en sluit by die 4de artikels aan.(NB.Hierdie is die nuutste artikel oor uittree Annuïteite – het hom met die ouer een vervang vir hierdie doel van “Die koop van residensiële eiendomme met die om doel om te verhuur”)

ANNUΪTEIT/E: DIE STRYD TUSSEN DIE TWEE EWIGE DURENDE VYANDE DUUR VOORT: “INKOMSTE/GROEI EN KOSTES/UITGAWES”

Die doel van hierdie artikel is om ons van nuuts af weer te laat besin oor ons annuïteit/e in die algemeen.

Baie van ons het net ‘n aftree annuïteit wat ons in ons lewensduur(na aftrede) moet deur sien, ander van ons het weer meer as een uittree annuïteit wat ons in ons lewensduur moet deur sien. Dan is daar die gene van ons wat ‘n aftree annuïteit(of in sommige valle meer as een aftree annuïteit) het, asook ‘n addisionele aandele portefeulje.

Wat ookal die geval mag wees, ons fokus is op uittree annuïteite se kostes, Inkomste opbrengste, Inflasie en Belasting.

Op hierdie produkte, is koste klaar afgetrek van die opbrengs wat aangegee word, en daarom kyk die meeste van ons soms nie eers wat die kostes beloop nie.

KOSTES

Indien ons oor ‘n R15 Miljoen se uittree annuïteit beskik, sal ons “jaarlikse kostes en Inkomste/opbrengs” op die volgende uittree annuïteite soos volg daarna uitsien:

  1. SANLAM FACE TOT FACE BLUESTAR MODERATE FUND

R15,000,000.00 x 1.50% = R259,500.00(BTW Ingesluit)

Groei Opbrengs sedert ontstaan(2023) – jaar gemiddeld = 7.07%

  1. ALEXANDER FORBES BALANCED COMBINED

R15,000,000.00 x 1.60% = R240,000.00(BTW Ingesluit)

Groei Opbrengs sedert ontstaan(2003) – jaar gemiddeld = 10.62%

  1. CORONATION BALANCED PLUS FUND

R15,000,000.00 x 1.80% = R270,000.00(BTW Ingesluit)

Groei Opbrengs sedert ontstaan(1996) – jaar gemiddeld =  13.70%

  1. NINETY ONE OPPORTUNITY FUND

R15,000,000.00 x 1.87% = R280,500.00(BTW Ingesluit)

Groei Opbrengs sedert ontstaan(1997) – jaar gemiddeld = 11% 

  1. FNB MODERATE FUND OF FUNDS

R15,000,000.00 x 1.14% = R171,000.00(BTW Ingesluit)

Groei Opbrengs sedert ontstaan(2016) – jaar gemiddeld =  8.24%

  1. 10X MODERATE FUND

R15,000,000.00 x 0.69% = R103,500.00(BTW Ingesluit)

Groei Opbrengs sedert ontstaan(2007) – jaar gemiddeld =  9.20%

  1. ASHBURTON BALANCED FUND

R15,000,000.00 x 1.69% = R253,500.00(BTW Ingesluit)

Groei Opbrengs sedert ontstaan(2013) – jaar gemiddeld =  6.86%

INFLASIE

Die rot in die kluis wat voortdurend knaag aan ons welvaart om dit verder te erodeer.

Indien ons die gemiddelde inflasie oor die voorafgaande vyf jaar(2020 tot 2025) inag sou neem is die gemiddeld 4.69%. Ons gaan dit in die “WERKLIKE UITKOMS” berekeninge hieronder gebruik.

BELASTING

Volgens die voorwaardes en bepalings van lewende annuïteite word ons toegelaat om enige presentasie tussen 2.50% en 17.50% jaarliks te ontrek van ons Annuïteit, gebaseer op ons verwagte lewens verwagtinge, en hierdie presentasie kan elke jaar verander word, mits dit tussen 2.50% en 17.50% is.

Indien ons die laagste presentasie van 2.5% op ons R15 Miljoen annuïteit sou neem, sodat ons verhoed dat ons nie sommer dadelik in ons kapitaal begin invreet nie – onthou ons moet na 65 voorsiening maak vir ten minste nog ‘n 35 jaar se leeftyd. Dalk is van ons so op spoed dat die spoedmeter by 100 nog gaan oorslaan.

Daarom: R15,000,000.00 x 2.5% = R375,000.00. Ons pensioen per maand is dan R31,250.00 – sonder enige aftrekkings. Die belasting op R375,000.00 beloop R78,757.00(R77 362 + 31% of taxable income above R370,500.00). Dit is R6,563.08(R78,757.00 gedeel deur 12 = R6,563.08) per maand

WERKLIKE UITKOMS

Wat is die maandelikse randwaarde wat ons ontvang om te spandeer, en moontlik nog te spaar?:

  1. Pensioen Inkomste                  = R31,250.00
  2. Min: Inflasie @ 4.69%           = R1,465.63
  3. Min: Belasting                        = R6,563.08
  4. Min: Mediese fonds                = R4,641.00(R4,200.00 x 10.50% = R441.00)
  5. Min: Korttermyn versekering = R4,704.00(R4,200.00 x 12% = R504.00)

              Totaal beskikbaar     = R13,876.29

In die geval van die Mediese fonds bydraes gaan die premies((volgens Statistiek Suid Afrika(SSA)) gemiddeld met 10.50% hierdie jaar verhoog, en die huidige aannames/voorspellings is dat korttermyn versekering premies met tussen 8% en 12% gaan verhoog, afhangende van ons risko profiel. Dan was die mediese fondse se premies op ‘n gemiddelde hospitaal plan se premies gebaseer, en die Korttermyn versekering op ‘n gemiddelde huishoudings se maandelikse premie. Hierdie twee items word as noodsaaklik beskou, en daarom ‘n rofweg berekening van hulle, en dit sal beslis verskil van persoon tot persoon.

Munisipale rekenings is ook ‘n moet, maar wat hopeloos teveel veranderlikes bevat. Telefoon/Selfoon kostes is ook op die lys.

Indien ‘n goeie begroting opgestel word en alles ingesluit is, gaan dit maar moeilik wees om elke maand staande te bly.

BRON:

  1. Alle kostes en groei opbrengste is van elke afsonderlik annuïteit se “Fact Sheets” verkry.
  2. Statistiek Suid Afrika (SSA)
  3. SAID webwerf

Die gemiddelde opbrengste op lewende annuïteite oor ‘n paar jaar is nie iets om heeltemal trots op te wees nie, en bo- en behalwe die direkte kostes, is daar nog lewenskostes wat op sommige gebiede vininger as inflasie styg – soos mediesekostes is jaarliks ver bo inflasie, en hoe ouer ons word hoe meer mediese kostes is daar. Indien ons nog kan spaar terwyl ons afgetree is, moet ons dit ononderhandelbaar net doen, want dit raak net al hoe moeiliker vorentoe.

Hierdie is my persoonlike mening en mag onder geen omstandighede as Finansiële/Beleggingsadvies gebruik word om enige beleggingsbesluite te neem nie. Bespreek dit eers vooraf met jou Portefeulje Bestuurder.


Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a Reply

Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading