
KOOPKRAGPARITEIT(KKP): “DIE LEEFKOSTE IN SUID AFRIKA VS. AMERIKA – WAT SÊ DIE KOOPKRAGPARITEIT?”
*
Die koopkragpariteitsbeginsel word dikwels gebruik om wisselkoersbewegings te verklaar en te voorspel. Die koopkragpariteitsteorie is in 1923 deur die Sweedse ekonoom Gustav Cassel geformuleer.
Koopkragpariteit is ‘n ekonomiese teorie wat op die beginsel berus dat die ware wisselkoers tussen twee geldeenhede bepaal kan word deur wat met ‘n eenheid van elk van die geldeenhede gekoop kan word.
Pariteit bestaan wanneer dieselfde met elke eenheid gekoop kan word. Die ware koopkrag van ‘n geldeenheid kan aan baie kommoditeite of produkte gemeet word. ‘n Gewilde manier is om byvoorbeeld te kyk hoeveel ‘n pakkie 2.5KG wit suiker by Spar in Suid Afrika kos, en hoeveel ‘n pakkie witsuiker van 2.5KG by Walmart in Amerika kos. Die Suiker van 2.5KG kos $2.25 in Amerika by Walmart, en in Suid Afrika kos dit R64.99 by Spar.
Daar is drie tipes koopkragpariteite, naamlik”
- ABSOLUTE KOOPKRAGPARITEIT
Hier word die vergelyking van dieselfde produkte se pryse in twee lande gebruik.
Die Absolute KKP tussen Amerika en Suid Afrika is dus R28.88 vir $1((R64.99 gedeel deur $2.25 = R28.88)
Hierdie metode is nuttige om die volgende redes:
- Dit help om oor- of onderwaardering van geldeenhede te identifiseer.
- Word gebruik om leefkoste tussen lande te vergelyk.
- Speel ’n rol in makro-ekonomiese ontleding, soos die bepaling van armoedevlakke en handelswanbalanse
- RELATIEWE KOOPKRAGPARITEIT
Hier word die vergelyking van die twee lande se inflasiekoerse gebruik.
Die Relatiewe KKP tussen Amerika en Suid Afrika is dat die Rand met 0.3%(3% – 2.7% = 0.3%) per jaar teenoor die dollar sal verswak in die toekoms.
Hierdie metode is nuttige om die volgende redes:
- Dit help om langtermyn tendense in wisselkoerse te verstaan.
- Dit toon hoe monetêre beleid en prysstabiliteit die waarde van ’n geldeenheid beïnvloed.
- Dit is nuttig vir beleggingsbesluite, internasionale handel en fiskale ontleding.
- GEWEEGDE KOOPKRAGPARITEIT/GEINDEKSEERDE KKP
Geweegde koopkragpariteit (GKKP) is ’n belangrike instrument wanneer jy ekonomieë op ’n regverdige manier wil vergelyk, veral as wisselkoerse nie die volle prentjie gee nie.
Hierdie metode is nuttige om die volgende redes:
- KKP wat gebruik word in makro-ekonomiese indekse, soos die IMF se internasionale vergelykings.
- Inkorporeer ’n mandjie van goedere en dienste om meer akkurate vergelykings van lewenskoste en BBP per capita te maak.
*
WAT IS DIE LEEFKOSTE VAN SUID AFRIKA VS. AMERIKA
Ons voorbeeld het ons taak vir ons so ‘n bietjie harder gemaak!
Ons kon enige kommoditeit gebruik het om die koopkragpariteit van Suid Afrika teenoor Amerika te bepaal. Ons het dit so eenvoudig as moontlik gehou, en ‘n 2.5KG pakkie wit suiker van Spar(kleinhandelaar) as voorbeeld geneem. Amerika beskik nie oor ‘n Spar nie, en ons moes toe een van die grootste kleinhandelaars kies – Walmart of Kroger. Ons het toe op Walmart besluit, en hulle het ses(6) verskillende suiker handelsname, en dan is hulle gewigte ook in pond en nie kilogram soos by ons nie. Dan was die verpakkings ook nie in dieselfde groottes nie – hulle verpakkings is 4lb, 8lb en 10lb. Ons het eers die prys na dollar per pond(lb), en toe bepaal hoeveel pond(lb) is in ‘n kilogram, en toe die prys per pond met aantal ponde(lb) in ‘n kilogram mee vermenigvuldig om by die bedrag uit te kom dat 2.5KG wit suiker $2.25 kos.
Met die ompad en al kon ons vasstel dat die leefkoste in Suid Afrika baie moeiliker is as in Amerika. Die leefkoste is R28.88 vir $1.
NB.Hierdie voorbeeld is op die “ABSOLUTE KOOPKRAGPARITEIT” van toepassing, en verwys na die bepaling van “leefkoste tussen die twee lande.”(Sien punt 2 onder “ABSOLUTE KOOPKRAGPARITEIT”)
*
Onder die “RELATIEWE KOOPKRAGPARITEIT” was die “langtermyn tendense in wisselkoerse” van toepassing – die verwagting is dat die Rand met 0.3% per jaar in die toekoms sal verswak.
*
Die Geweegde Koopkragpariteit/Geindekseerde KKP is te gekompliseerd om voorbeelde van te gee, en daarom plaas ons hom in die rus posissie.
*
BRONNE
- Die Praktiese Gids tot Suid Afrikaanse Ekonomiese Aanwysers: Departement Ekonomie, Universiteit Suid Afrika: (Skrywers: P.J.Mohr; Z.C.Botha; E.J.Inggs – almal van UNISA, asook C. Van Der Merwe – Economic Analysis Systems)
- Syfers en berekenings is deur myself ingebring en het van huidige heersende pryse gebruik gemaak.
*
Dit is ‘n baie verkorte weergawe wat ek so prakties as moontlik probeer uitbeeld het, maar dit kan in sommige gebruike gekompliseerd raak.
Leave a Reply