
ARTIKEL 2
Die opvolg artikel van artikel 1, en sluit aan by die 3de & 4de artikels.
WAT BEINVLOED SALARISVERHOGINGS IN DIE ALGEMEEN?
WAT BEINVLOED ‘N SALARISTREKKER SE VERHOGING?
Wanneer daar besin word oor werknemers se salarisverhogings, is die goeie vertrekpunt altyd, die Inflasie en BBP-Groei, maar tesame met dit is daar ander faktore wat moet inag geneem word, want vakbonde kyk na die Finansiële prestasie van die betrokke maatskappy/e, wat ook soms uitkring na die betrokke sektor se prestasies.
Hier is van die faktore wat wel ‘n invloed gaan hê, en gewoonlik oorweging aan geskenk moet word:
- Inflasie:
Dit is van kardinale belang omdat dit werknemers se koopkrag beïnvloed. As lone nie tred hou met inflasie nie, verdien werknemers effektief minder in reële terme. Maatskappye gebruik dikwels inflasievoorspellings om salarisverhogings te bepaal.
- BBP-groei:
Dit weerspieël die algehele ekonomiese gesondheid en kan loonbepaling beïnvloed. Sterk BBP-groei kan daarop dui dat maatskappye hoër loonverhogings kan bekostig, terwyl swak groei meer konserwatiewe verhogings kan noodsaak.
- Bedryfspesifieke faktore:
Verskillende bedrywe kan verskillende loonneigings hê op grond van vraag en aanbod na arbeid, tegnologiese vooruitgang en ander bedryfspesifieke dinamika.
- Maatskappyprestasie:
‘n Maatskappy se finansiële gesondheid en prestasie speel ook ‘n “beduidende rol”. Maatskappye met sterk winste kan dalk hoër verhogings bied in vergelyking met diegene wat finansiële uitdagings in die gesig staar.
- Werknemerprestasie en markmededingendheid:
Maatskappye oorweeg dikwels individuele prestasie en markmededingendheid wanneer hulle oor loonverhogings besluit. Toppresteerders en rolle in groot aanvraag kan hoër verhogings kry.
- Vakbondooreenkomste en wetlike vereistes:
In sommige gevalle kan vakbondooreenkomste en wetlike minimumloonvereistes ook loonbesluite beïnvloed.
SAMEVATTEND
Alhoewel inflasie en die BBP-groei seker die twee belangrikste faktore is, sal ons meer omvattend al die verskeie faktore moet ondersoek om ‘n regte balans te vind, wat die loonbeleid meer volhoubaar sal maak.
Die enorme verhogings(altyd ver bo inflasie) van die magdom bankkrotskappe van staatsdepartemente, het juis gelei tot hul ondergang, en die alewige “swak begrip” van vakbonde wat die regering in gevangenisskap hou wanneer dit by salarisverhogings kom, vererger die situasie. Ons kan ook redeneer dat swak bestuur en staatskaping ook ‘n groot invloed gehad het tot die bankkrotskappe, maar dit alles saam het weer gelei tot hoër begrotings(wat van die staatskas geëis word) om die al groter wordende tekorte te probeer dek, en so word die staat se betalingsbalans weer verder verswak.
Indien ons die BBP-Groeikoers van 1.46%(gemiddeld van die afgelope 7 jaar) as gemiddelde norm moet gebruik, dan is dit die gemiddelde groei van alle firmas oor alle sektore. Dan word daar gewoonlik verhogings van ten minste inflasie of ‘n sekere presentasie hoër as inflasie geëis. Hoe volhoubaar is dit?
Gaan ons vakbonde ooit in die toekoms insig toon, deur die voortbestaan van firmas belangriker te ag, en sodoende te verseker dat hul lede oor die langtermyn nog ‘n werk sal hê, of is die kortsigtigheid om werksgeleenthede te vernietig deur optogte, wat soms met plundering gepaard gaan, en dit alles net om hoër lone te eis?
SLOT
Soos wat ons aan die begin genoem het, sal daar firmas wees wat uitstekend presteer – in sommige gevalle is die wins na belasting tot vyf(5) na ses(6) keer hoër as inflasie. Hierdie firmas kan goeie salarisverhogings aanbied, en nog ook hul besigheidsaktiwiteite uitbrei. Indien ons op die breë gemiddelde van 1.46% BBP-Groeikoers gaan werk, sal daar baie wees wat op die langtermyn deur looneise en inflasie opgeëet gaan word. Die breë algemene gemiddeld is die enigste veilige norm, wat wensdenkery, en opgeblaasde verwagtinge uitsluit.(Ongelukkig is die BBP-Groei ‘n aanduiding en nie ‘n realiteit nie, en netso met inflasie, maar dat ons konserwatiewe benadering die werklikheid van oorlewing onderstreep is duidelik).
Die hoë looneise van staatsondernemings wat toegestaan is, een van die grootste bydraes tot bankkrotskap, en wanbestuur. Die staatsinstellings in die algemeen, is vasgevang in die draaikolk van die toekoms.
Miskien gaan die werknemer/s van die toekoms hierdie werklikheid beter verstaan, en sy/haar vakbond begin verantwoordelik hou vir die vernietiging van werksgeleenthede, wat ‘n bedreiging is vir hul, en hul gesinne se voortbestaan in hou.
Leave a Reply