HIERDIE TWEE BEURSVERHANDELDEFONDSE MET BUITELANDSE BLOOTSTELLING IS IDEAAL VIR DIE BEGINNERS – GOEDKOOP – UITSTAANDE PRESTEERDERS

Johan Schreuder Avatar

INLEIDING

Daar was al meer as een artikel oor hierdie twee beursverhandelde fondse geskryf. Die een met die opskrif: “DIE MOONTLIKE WAARDE WAT DIT VIR IEMAND KON TOEGEVOEG HET: BEURSVERHANDELDE FONDSE – FOKUS WAS BEURSVERHANDELDE FONDSE MET ONDERLIGGENDE “4IR” & TEGNOLOGIE AANDELE” is dalk ‘n goeie een om weer na te kyk.

Beursverhandelde Fondse(in engels – “ETF’s” – Exchange Trade Funds) en hul betekenins is: Onderlinge Fondse wat op beurse uitgeruil word. Met ander woorde, ‘n ETF is ‘n kollektiewe beleggingskontrak wat op ‘n aandelebeurs verhandel kan word. Kollektiewe beleggingskontrakte wat deur beleggers gehou word, kan gedurende verhandelingsure soos aandele onder hierdie stelsel gekoop en verkoop word. ETF’s is ‘n oplossing vir beleggers wat gelyktydig in ‘n groot hoeveelheid aandele wil belê deur ‘n enkele produk te koop, waar die aandeelprys realatief laag en goedkoop is.

VYF JAAR PRESTASIES EN VERGELYKINGS MET SOMMIGE GROOT NAME

Hieronder is ‘n lys van die JSE-Genoteerde twee ETF’s en die ander aandele in die vyf(5) jaar prestasie vergelyking:

  1. 1nvest S&P500 IT ETF – JSE Kode: ETF5IT
  2. Satrix Nasdaq 100 Prtf – JSE Kode: STXNDQ
  3. RICHEMONT
  4. NASPERS
  5. PROSUS
  6. REINET
  7. REMGRO

DIE GRAFIEK MET DIE PRESTASIES OOR VYF(5) JAAR

Die onderskeie prestasies oor vyf(5) jaar was soos volg:

  1. 1nvest S&P500 IT ETF – JSE Kode: ETF5IT = 258.02% (‘n gemiddeld van 51.60% per jaar)
  2. Satrix Nasdaq 100 Prtf – JSE Kode: STXNDQ = 172.12% (‘n gemiddeld van 34.42% per jaar)
  3. RICHEMONT – JSE Kode: CFR = 22.09% (‘n gemiddeld van 4.42% per jaar)
  4. NASPERS – JSE Kode: NPN = 45.83% (‘n gemiddeld van 9.17% per jaar)
  5. PROSUS – JSE Kode: PRX = 15.47% (‘n gemiddeld van 3.09% per jaar)
  6. REINET – JSE Kode: RNI = 83.77% (‘n gemiddeld van 16.75% per jaar)
  7. REMGRO – JSE Kode: REM = 72.59% (‘n gemiddeld van 14.52% per jaar)

DIE BLOOTSTELLING WAT DIE TWEE BEURSVERHANDELDEFONDSE BIED

Soos ons seker uit hul name afgelei het, het albei die twee beursverhandeldefondse blootstelling in die Amerikaanse aandele beurse, naamlik die S&P 500, en die NASDAQ 100.

  1. Die ETF5IT se fondsvoeder uit die S&P 500, word deur die volgende aandele gevoed, wat hy navolg:
  2. Kunsmatige Intelligensie aandele blootstelling:
  1. Apple Inc. = 26.70%
  2. Microsoft Corporation = 18.40%
  3. NVIDIA Corporation = 10.80%

Dit is ‘n 55.90% blootstelling in Kunsmatige Intelligensie aandele

  1. Halfgeleier aandele blootstelling
  1. Advance Micro Devices(AMD) = 2.00%
  2. Broadcom Inc. = 3.90%
  3. NVIDIA Corporation = 10.80%(Nvidia kom weer ‘n keer voor omdat hy oor beide beskik: Halfgeleier & KI)

Dit lewer ‘n vedere 16.70% op, en dan volg ‘n vedere aantal aandele wie se bydraes wissel vanaf 1.7% tot by 2.8% om die res op te maak.

  1. STXNDQ volg die NASDAQ 100 Indeks na, en hier is van die Top-aandele se blootstelling waaroor hy beskik:
  1. Apple Inc. = 9.49%
  2. NVIDIA Corporation = 7.94%
  3. Microsofte Corporation = 7.66%
  4. Amazon.com Inc. = 5.79%
  5. Broadcom Inc. = 4.00%
  6. Meta Platforms = 3.38%
  7. Costco Wholesalers Corporation = 2.97%
  8. Tesla Inc. = 2.76%
  9. Netflix Inc. = 2.68%
  10. Alphabet Inc.(Google) = 2.58%

Dit lewer sover ‘n gesamentlike blootstelling van 39.76% op, en so is die res versprei in kleiner presentasies regoor die NASDAQ 100, wat tegnologie aandele is.

SLOT

Hierdie twee Beusrverhandeldefondse is reg geposisioneer om die tegnologiese ontploffing in Kunsmatige Intelligensie, en halfgeleiers in Amerika na te volg – m.a.w. dit is plaaslike beursverhandeldefondse wat op die JSE aangekoop kan word, en so dan vir ons blootstelling gee in die groot vraag van hierdie wêreld ekonomiese drywer aandele wat tans die beste opbrengste lewer, met ‘n breër blootstelling. Die onderskeie aandeelpryse van die twee beursverhandeldefondse om sluitingstyd vandag, was: 1nvest S&P500 IT ETF – JSE Kode: ETF5IT = R42.60 per aandeel, en die Satrix Nasdaq 100 Prtf – JSE Kode: STXNDQ = R285.87. As ‘n beginner hierdie aangeleentheid vyf(5) jaar terug aangegryp, en R5,000.00 elk op hierdie twee beursverhandeldefondse belê het sou die opbrengste soos volg gewees het: ETF5IT = R17,901.00, en op STXNDQ = R13,606.00 – m.a.w. die aanvangskapitaal van R10,000.00 sou na vyf(5) jaar R31,507.00 gewees het. Ons het hulle twee al verskeie kere bespreek.

Hierdie is my persoonlike mening en mag onder geen omstandighede as Finansiële/Beleggingsadvies gebruik word om enige beleggingsbesluite te neem nie. Bespreek dit eers vooraf met jou Portefeuljebestuurder.

BRONNE:

  1. SA Stock Analysis platform – Grafiek
  2. Verskeie ander bronne is geraadpleeg.

Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a Reply

Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading