KWANTUM REKENAAR AANDELE BEGIN WOEKER OP DIE AMERIKAANSE BEURSE

Johan Schreuder Avatar

INLEIDING

Kwantumrekenaars word soms beskryf as die sterre hemel – nog op baie gebiede onbekend, maar vol beloftes. Hierdie beskrywing verwys na die geweldige kompleksiteit van Kwantumrekenaars wat nog in ontvorming is. Kwantumrekenaars maak van unieke algoritmes soos Shor se algoritme en Grover se algoritme gebruik om sekere berekenings eksponensieël vinniger te maak. Kwantumrekenaars is ‘n opkomende veld van die nuutste rekenaarwetenskap wat die unieke eienskappe van kwantummeganika benut om probleme op te los buite die vermoë van selfs die kragtigste klassieke rekenaars.

Dit is ‘n revolusionêre tegnologie wat ons in staat sal stel om probleme te oorkom wat vandag se rekenaars sukkel om op te los deur die unieke moontlikhede wat kwantummeganika bied, te benut. Ontwikkelings in hierdie veld sal in die toekoms tot beduidende innovasies in baie sektore lei.

HUIDIGE NOTERINGS EN IN DIE PYPLYN KWANTUMREKENAAR MAATSKAPPYE

Daar is tans ses(6) Kwantumrekenaar genoteerde maatskappye op die Amerikaanse beurse, en sewe(7) in die pyplyn. Sien die twee Tabele hieronder:

DRIE JAAR PRESTASIES VAN GENOTEERDE KWANTUMREKENAAR MAATSKAPPYE

Kwantumrekenaar maatskappye is maar eers onlangs genoteer, en daarom is net drie jaar prestasie beskikbaar. Hieronder is ‘n groei weergawe wat geweldig baie wissel – grootliks van versigtigheid van beleggers kantaf:

  1. RIGETTI COMPUTING – KODE: RGTI = 2,255.35% oor drie jaar = 751.78% per jaar
  2. D-WAVE – KODE: QBTS = 1,458.82% oor drie jaar = 486.27% per jaar
  3. QUANTUM COMPUTING INC. – KODE: QUBT = 722.73% = 240.91% per jaar
  4. IonQ – KODE: IONQ = 515.84% oor drie jaar = 171.95% per jaar
  5. INFLEQTION – KODE: INFQ = -6.61% vanaf notering(26 Februarie 2026 tot op datum). Baie nuut wat moontlik gepaard gaan met versigtigheid, en onsekerheid van beleggers.
  6. ARQIT QUANTUM – KODE: ARQQ = -61.46$ oor drie jaar =  -20.49 per jaar.

Ek het nog geen ontleding van “ARQIT QUATUM” gemaak nie, om vas te stel waarom hy so swak presteer. Daar moet unieke omstandighede wees. Terwyl IonQ die meeste inkomste groei aangeteken het.

AFSLUITING

Daar was ‘n artikel van my: ”IS “IonQ” DIE VOLGENDE NVIDIA? – DIE KOMPLEKSIETYD VAN KWANTUMREKENAARS INSAMEWERKING MET KUNSMATIGE INTELLIGENSIE KAN DIE BESIGHEIDSWÊRELD OORHEERS”, en in die laaste paragraaf – net voor “OPMERKINGS” was die volgende stelling: “Dit alles beteken dat IonQ, ‘n gegewe tegnologie is met potensiaal – in hierdie geval kwantumrekenaars – soos Nvidia lyk. En aggressiewe beleggers wat nou wil inkom op potensiële wenners, moet dit oorweeg om ‘n paar aandele van hierdie innoveerder op te tel. Maar as in ag geneem word dat kwantumrekenaars IonQ se fokus is, en hierdie tegnologie nog nie ten volle ontwikkel is nie, is dit te vroeg om met 100% sekerheid te voorspel dat hierdie kwantumspeler in Nvidia se voetspore sal volg, en in sy mark sal oorheers, en plofbare groei sal lewer.”

Met die prestasies hierbo, wil dit voorkom of Kwatumrekenaars die besigheid wêreld werk ingrypend gaan verander, en dat daar vir beleggers goei prestasie vooruitsigte in hierdie sektor lê.

BRONNE:

SA Stock Analysis platform

*

Hierdie is my persoonlike mening en mag onder geen omstandighede as Finansiële/Beleggingsadvies gebruik word om enige beleggingsbesluite te neem nie. Bespreek dit eers vooraf met jou Portefeuljebestuurder.


Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a Reply

Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading