DIE DUITSE MAATSKAPPY “SÜSS MicroTec AG” – IS DIT DIE TWEEDE “NVIDIA”?

Johan Schreuder Avatar

INLEIDING

Karl Süss stig sy Maatskappy “Karl Süss KG” in 1949 en neem Ernst Leitz GmbH in Beiere oor, waar hy self die verkoopsveteenwoordiger van optiese instrumente(mikroskope, kameras, en laboratoriumtoerusting) hanteer het. Met toenemende tegniese kundigheid en ‘n destydse werkerskorps van vyf werknemers, moes die besigheidsmodel verskeie aanpassings maak, en die eerste groot rigting verandering was om van ‘n verkoopsmaatskappy om te skakel na ‘n kontrakvervaardiger, wat vandag nog die geval is. Toe Siemens in München Süss in 1962 nader en die maatskappy vra om ‘n termo-kompressie-bindingsmasjien vir transistors te vervaardig, is dit ‘n kantelpunt in sy geskiedenis: Die maatskappy beweeg van verkope en instandhouding na kontrakvervaardiging. Die eerste bestelling bestaan uit klein meettafels met stereomikroskope wat aan mekaar vasgebind is. ‘N Jaar later volg ‘n tweede bestelling en in 1963 ontwikkel Süss die prototipe vir die eerste maskerbelyning, die MJB3, vir Siemens.

KARL SÜSS EN SY TWEE SEUNS

Karl Süss en sy twee seuns Ekkehard en Winfried brei die florerende vervaardigingsonderneming suksesvol uit. SÜSS Micro AG bestaan vanjaar al 75, met sy hoofkantoor in Garching bei München, Duitsland. Met die skierlike afsterwe van Karl Süss en sy oudste seun Ekkehard kort na mekaar in 1994 was die maatskappy genoodsaak om te herorganiseer, en staan vanaf 1999 bekend as Süss MicroTec AG, waar die Süss-gesin op die adviesraad verteenwoordig word deur Karl Süss se seun Dr. Winfried Süss. Twee jaar later is alle wettige Süss-entiteite na Süss MicroTec verander.

WAAR STAAN SÜSS MICRO TEC VANDAG

Waar staan Süss MicroTec AG vandag? Süss MicroTec het die familie besigheid ontgroei, en is vandag ‘n beursgenoteerde maatskappy en ‘n toonaangewende verskaffer van toerusting en prosesoplossings vir mikrostruktureringstoepassings in die halfgeleierbedryf. Süss MicroTec AG het tans 1,484 werknemers soos op 31 Desember 2025, en het verskeie kantore oor die wêreld heen, wat die volgende insluit: 1) Duitsland; 2) Amerika; 3) Engeland; 4) Japan; 5) China; 6) Taiwan; 7) Suid Korea; 8) Singapoer; 9)Tsjeggiese Republiek; 10) Nederland en 11) Frankryk.

Hierdie lande is almal hoë tegnologie lande wat almal deur Kunsmatige Intelligensie en die Vierde Industriële Revolusie gedryf word. Omdat Süss MicroTec AG so ‘n wye omvattende verskeidenheid van produkte en dienste lewer is daar menigte kompeterende maatskappye, maar wat net in een tot drie velde van dit wat Süss MicroTec aanbied mee meeding, en dit maak hom baie gesogt, en voeg nog die hoë Duitse gehalte van produkte hierby.

PRODUKSIE

Produkte en dienste:

SUSS MicroTec bied ‘n wye produkportefeulje van hoë gehalte prosesoplossings vir die halfgeleierbedryf en verwante markte. Hul portefeulje dek ‘n omvattende reeks produkte en oplossings vir “backend”-litografie, waferbinding en fotomaskerverwerking, aangevul deur mikro-optiese komponente. Daar word nuwe produkte bygevoeg met die innovasies en verfyning wat voortdurend as fokus dien. Die kwaliteitswaarborg strek tot hul hervervaardigde produkte en diens.

FINANSIËLE INLIGTING EN AANDEEL PRESTASIE

Süss Micro Tec beskik tans oor ‘n markkapitalisasie van €1.96 Biljoen Euro soos op 18 Junie 2026 wat ‘n jaarlikse toename van 161.90% verteenwoordig. Die Prysverdienste Verhouding(P/V) is 55.51% wat mag hoog klink, maar inverhouding met sy mededingers in hierdie sektor. Die Bruto Wins was €161.70 Miljoen Euro met ‘n Bruto marge van 34.79%. Die ondernemingswaardasie – EV/EBITDA is 34.07.

Hier volg grafieke van SÜSS MICRO TEC se aandeel prestasie vir die tydperk: JTD, 1jr, 3jr, 5jr en ook 10jr soos deur SA STOCK Analysis se platform bekom:(Blaai net af in die PDF-Leër om al die grafieke te sien)

Indien ons in hierdie aandeel belê het sou ons jaarlikse opbrengste soos volg gewees het:

  1. Jaar-Tot-Datum(JTD) = 182.18% in net minder as 6 maande se tyd.
  2. 1 Jaar = 166.39% die nuutste jaar
  3. 3 Jaar = 321.12% wat ‘n jaarlikse opbrengs van 107.04% sou opgelewer het.
  4. 5 Jaar = 377.57% wat ‘n jaarlikse opbrengs van 75.51% sou opgelewer het. Dit was net aan die begin van die einde van Covid.
  5. 10 Jaar = 1,634.13% wat ‘n jaarlikse opbrengs van 163.41% sou opgelewer het

‘n Gemiddeld van 163.41% per jaar vir 10 jaar lank is nie die soort opbrenghs wat ons sommer van enige aandeel sal verwag nie, en dan verdien ons nog boonop die groei in Euro wat die wisselkoers faktor tot die Rand ‘n nog groter opbrengs in Randwaarde bewerkstellig.

SLOT

Hierdie Duitse maatskappy se besigheidsmodel is so goed geposiesioneer vir die vraag in die ekonomiese drywers van ons tyd – Kunsmatige Intelligensie en Halfgeleiers is die toekoms van môre. Die aandeel prestasie oor die afgelope 10 jaar bevestig die onmisbaarheid van die tipe besigheid, veral met ‘n markkapitalisasie van €1.96 Biljoen Euro staan Süss Micro Tec sommer baie stewig in die mark. Die aandeelprys is vandag om 16h00 met 7.50% op. Met ‘n paar Süss Micro Tec aandele in ons portefeuljes, kan dit ‘n verskil in opbrengste maak.

Hierdie is my persoonlike mening en mag onder geen omstandighede as Finansiële/Beleggingsadvies gebruik word om enige beleggingsbesluite te neem nie. Bespreek dit eers vooraf met jou Portefeulje Bestuurder.


Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a Reply

Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading