DIE VERSKILLENDE GENERASIES SE INVLOED IN EKONOMIESE GROEI EN DIE BELEGGINGS WÊRELD

Johan Schreuder Avatar

INLEIDING

Julie maand is Nasionale spaar-maand.

Daar is net twee dinge wat seker is in die lewe, en dit is die dood, en belasting. Daar is ’n derde een wat dreig om hom hierby te voeg, en dit is Inflasie. En as hierdie drie duiwels nie by jou spook nie, dan gaan die ouderdom dit doen. Om Finansiël Onafhanklik te kan wees, moet jy hierdie drie duiwels oorwin.

Die ekonomiese klimaat in die werêld het so verander in generasietydperke, dat al hoe meer kinders vir hul ouers sorg, en al hoe meer armoede mense in plakkerskampe in dwing – dink aan die navorsing wat toon dat 95% nie Finansiël Onafhanklik kan aftree nie, en dit wat oorbly, is 5%, wat wel Finansiël Onafhanklik kan aftree.

Die onaangename, maar gegewe nuus, is dat die hedendaagse Suid Afrikaner van uit nature swak spaarders is ten spyte van die unieke omstandighede wat ons beleef. Daarom het ek dit goedgedink om inligting deur te gee wat ons bewus maak waar ons as individu inpas, en dat ons “daarmee werk” om ons kultuur van nie spaar om te keer na ’n spaar kultuur. Ons verwys na die tydperk en omstandighede waarin verskillende “generasies” opgegroei het.

Onthou ons die Skotse se gesegde: “Pa koop, en bou, my kinders verkoop, my kleinkinders het leë hande.” Spaar is soos ’n goeie dieet: “Vir goeie gesondheid moet jy op kort termyn sekere dinge opoffer sodat jy op langtermyn die vrugte kan pluk.”

Hier is die verskillende “GENERASIES” soos deur Guy Fletcher, Sanlam Beleggings se hoof van kliënte-oplossings en navorsing, asook gekombineer met Joeri Van Den Bergh van Euroforum se navorsing. Dalk kan ons, ons assosieer met van dit, en verstaan wat se invloed dit op ons het:

STILLE GENERASIE(Gebore 1918-1944)

Hierdie generasie was die wat die eerste welvaart begin bou het. Omdat hulle in die “GROOT DEPRESSIE”(1929-1933), en die Tweede Werêldoorlog(1939-1945) groot geword het, het die swaarkry hulle laat sente omdraai. Fletcher het gesê: Dit is die generasie wat bekend was vir hul waardes van harde werk, en getrouheid – met ’n sterk geneigdheid tot spaarsaamheid. Hulle het ’n baie gedissiplineerde benadering tot werk en loopbane gevolg, met ’n hoë mate van respek vir gesag. Hierdie selde benadering was op hul beleggingstyl van toepassing: “Hulle was geneig om die raad van ‘kenners’ te volg, kies ’n beleggingsportefeulje en hou daarby.”

NA-OORLOGSE GENERASIE, OF BABY BOOMERS(Gebore 1945-1964)

Hierdie generasie heg ewe veel waarde aan harde werk as hul ouers en beskou respek en sukses in die werkplek as belangrik. Fletcher sê die Na-Oorlogse generasie betreklik welaf vergeleke met millinniërs: As hul salaris op dieselfde ouderdom in die huidige randwaarde omgeskakel word, is dit dubbel soveel as wat millinniërs nou verdien. Hulle was nie die beste spaarders nie, en baie van hulle sukkel nou in hul aftrede. Fletcher sê hulle het dieselfde benadering as hul ouers: “Hulle koop en hou. Daarby heg die Na-Oorlogse generasie baie waarde aan eiendom, en baie beskou hul huis as ’n belegging.

GENERASIE X(Gebore 1965-1980)

Hierdie generasie was die eerste, waarvan die ouers albei gewerk het. Dit is die generasie wat sinoniem geword het met massaverbruik, en vir wie dit belangrik was om nie by die bure af te steek nie. Dit is ook die eerste generasie vir wie egskeiding algemeen geword het, wat aftrede baie moeiliker maak – beteken dat jy aftrede alleen op jou eie moet aandurf.

Die ‘Benchmark’ wys dat veral vroue in hierdie generasie te min vir aftrede wegbêre. Hierdie generasie is ook bekend as die “toebroodjie-generasie”, mense wat vir hul ouers moet sorg terwyl hulle kinders grootmaak. Hierdie generasie is ook baie pessimisties of hulle genoeg geld vir aftrede gespaar het. Hierdie generasie-X verwag om nog te werk lank nadat hul amptelike afgetree het. Hierdie generasie skram nie weg vir risiko nie, en verstaan ook die waarde van diversifikasie.

“Die nadeel is dat hulle behep is om prestasie na te jaag, wat dikwels met ’n groot transaksiekoste en impak op hul beleggingsresultate.”

MILLINIËRS, OFTEWEL GENERASIE-Y(1981-1996)

Soos wat generasie-X begin aftree, gaan die generasie-Y, waarvan sommiges nog studeer(2021) die grootste presentasie werknemers verteenwoordig, nie net in Suid Afrika nie, maar ook werêldwyd. Hulle wil nie net vir geld werk nie, maar wil hê hulle werk moet iets beteken. Hulle gaan nie blindelings lojaal wees aan ’n werkgewer nie en bevraagteken dikwels die “hoekom” van die opdragte. Hulle is die generasie wat meer as hul ouers herwin, meer vrywillige werk doen en deursigtigheid vereis wat alles aanbetref. Dit maak hulle dikwels skepties oor tradisionele finansiële advies deur beleggingsadviseurs, banke en gevestigde verskaffers van finansiële dienste. Weens die druk op hul ouers – die toebroodjie-generasie – moet baie milliniërs hul studies betaal, en later daardie studieskuld afbetaal. Fletcher sê: Millinniërs neem beleggingsbesluite op grond van hul waardes. Hierdie generasie verstaan nog nie die verskil tussen spaar en beleggings nie – byna 61% van die peiling plaas hulle spaargeld in ’n bankrekening eerder as in iets soos ’n effektetrust byvoorbeeld.

GENERASIE-Z(1997-2012)

Generasie-Z is nog ’n bietjie van ’n onbekende faktor, maar dit is reeds bekend dat hulle die “altyd-aan”-generasie is, selfs meer as millinniërs en Generasie-X. Hulle lewe is deurdrenk van sosiale media. Volgens Fletcher is hulle aangetrokke tot entrepreneurskap. Nes millinniërs is hulle opsoek na betekenis in wat hulle doen. Hierdie generasie het nog nie begin belê nie, maar Fletcher reken hulle gaan waarskynlik tegnologie-gedrewe maniere kies om te belê.

Dis die generasie wat waarskynlik deur “kunsmatige intelligensie ontleed en gehelp gaan word in die finansiëledienstebedryf, wat nou swaar belê in data-ontleding en robotte.

GENERASIE ALPHA(2013-2025)

Daar word verwag dat hulle die grootste generasie ooit sal wees, met ’n indrukwekende 2 miljard mense teen 2025. Dit is nie net te danke aan hul getalle nie, maar ook aan die unieke invloed van hul ouers, van wie baie Millenniërs is. Joeri Van Den Bergh, ‘n kenner op die gebied van nuwe generasies, beklemtoon dat die manier waarop hierdie ouers grootgemaak word, ‘n deurslaggewende impak het op die ontwikkeling van die Generasie Alfa eienskappe. Generasie Alfa het letterlik grootgeword met tegnologie as ‘n verlengstuk van hul daaglikse lewens. Baie het reeds hul eie tablet of foon. Speletjies is uiters gewild; hulle speel dikwels gewilde speletjies soos Roblox en Minecraft. Tegnologie is dus ‘n integrale en fundamentele deel van hul bestaan. Hierdie jong generasie toon ‘n merkwaardige bewustheid van belangrike onderwerpe soos klimaatsverandering en gelykheid. Hulle moedig hul ouers aktief aan om te help met dinge soos energiebesparing en die skeiding van afval, gedryf deur ‘n sterk begeerte na ‘n beter wêreld. Byna elke Gen Alpha gebruik weekliks YouTube, waar hulle video’s kyk en nuwe produkte ontdek. Baie kinders vra hul ouers vir items wat hulle aanlyn gesien het, dikwels deur e-handelswebwerwe. Generasie Alfa hou daarvan om televisie saam met hul ouers te kyk. Hierdie oomblik van gesamentlike mediaverbruik is belangrik vir hul wedersydse verbinding. Deur dit te doen, kies die kinders dikwels die programme wat hulle wil sien, en hul ouers ondersteun hierdie keuse. Baie kinders in hierdie generasie toon belangstelling om hul eie besigheid te begin. Veral onder die ouer Alpha’s is daar ‘n groot begeerte om later ‘n YouTuber, beïnvloeder of entrepreneur te word. Hulle “waardes” is tegnologie-integrasie, globale bewussyn, en volhoubaarheid. Hulle beleggingsstyl(wat later volledig eers sal ontvou) is waarskynlik heeltemal data-gedrewe en outomatisering, met ‘n sterk fokus op volhoubare opbrengste.

FORMELE BELEGGINGS BLY NODIG

Fletcher sê: Hoewel die konsep van werk en aftree verander, gaan die formele loopbaan gevolg deur formele aftrede nog ten minste vir die volgende 20 na 30 jaar bestaan.

“Elke generasie het sy eienaardighede, maar die wese van beleggings is onveranderd – dit is gebou op die voordeel van saamgestelde opbrengste, wat die agste wonder van die werêld genoem word.” (Terloops! Saamgestelde rente is juis die deel van die “TYDWAARDE VAN GELD” wat altyd in baie berekenings van beleggingsopsies gebruik word).

BRONNE:

  1. Guy Fletcher, beleggingshoof van Sanlam se navorsing
  2. Joeri Van Den Bergh van Euroforum

Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a Reply

Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading