
INLEIDING
Begrotingsbestuur is nie ’n opsionele hulpmiddel nie, maar die enigste dissipline wat beperkte fondse in volhoubare welvaart kan omskep.
Begroting en begrotingsbestuur is niks anders as ’n finansiële dissipline nie — ’n dissipline wat lei tot optimale benutting van beskikbare fondse, of dit nou vir ’n individu of ’n groot korporatiewe maatskappy is. Die opstel van ’n begroting is ’n eenmalige, veeleisende taak wat gewoonlik net voor die begin van ’n finansiële of belastingjaar gedoen word. Maar die ware waarde lê in die deurlopende daaglikse bestuur van daardie begroting: ’n kundigheid wat met ervaring groei en wat onontbeerlik is vir welvaartskepping.
DIE OPSTEL VAN ‘N BEGROTING
Die verskil tussen die twee teen pole(Inkomste/s en uitgawes) van ‘n begroting bewerkstellig die surplus vir welvaatskepping, met die verwagting dat ons minder sal spandeer as wat ons inkry. Indien ons ‘n “vaste” salaris, kommisie of pensioen verdien kan ons ‘n jaarlikse begroting vir ons vooruit opstel, en in die geval van ‘n wisselvallige inkomste stroom, sal ons ons begroting maandeliks moet opstel, en wel die moment as ons inkomste in ons bankrekening reflekteer. Die mees effetiewe manier om ons begroting op te stel bestaan uit drie stappe, naamlik:
- Ons vul eerste ons Inkomste op die begrotingstemplaat in, wat alle Inkomste insluit(rentes, dividends, salaris, bonus, pensioen, vaste kommisie, ens.)
- Bepaal alle maandelikse “vaste kostes”. Vaste kostes is ons onveranderlike kostes – met ander woorde die vaste maandelikse verpligtinge soos: Huuruitgawes, huisleningspaaiement, korttermynversekering(motor & huis), motor finansieringspaaiement, mediesefonds, belasting en spaargeld.(Dis reg, ja-spaargeld behoort ook ‘n vaste koste item te wees, wat eerste moet oorbetaal word).
- Dan kom alle ander “veranderlike kostes” soos: Kruideniers, brandstof, Selfoon & Internet, Bankfooie, munisipale rekening, maandelikse dankoffer vir die Kerk, motorlisensies, bande, ens.
Daar is nog een stapie verder onder “veranderlike kostes”, en dit is om voorsiening te maak vir toekomstige veranderlike kostes soos: Motor/s se dienste, bande vervanging, motor lisensies. Hierdie toekomstige gebeurlikheidsvoorsienings se bedrae moet ons verkieslik appart in ‘n goeie rente draende rekening by ons bank laat ophoop vir latere gebruik – appart van ons noodfonds. (NB.‘n Noodfondse maak deel uit van ons Portefeulje van welvaartskepping, en moet ook in ‘n apparte goeie rente draende rekening by die bank gehuisves wees. ‘n Noodfonds se kapitale bedrag moet konstant op ‘n plafon wat gelykstaande is aan ses(6) maande se maandelikse inkomste van ons gehou word, vir onvoorsiene uitgawes. Ons gaan nie die noodfonds hier bespreek nie, aangesien die noodfonds deel uitmaak van die spaargeld waarvoor begroot is – die verdeling van spaargeld resorteer onder welvaartskepping in die algemeen.)
Wanneer ‘n begroting opgestel word is dit belangrik om dit eerlik, realisties haalbaar op te stel, wat met inspanning bereik moet word – ons wil die volle potensiaal van ons beskikbare fondse gebruik om vir ons welvaart te skep. ‘n Begroting is nie iets wat die heeltyd aangepas word nie, anders dien dit geen doel nie. As dit eers opgestel is, is dit gegewe – dan tree begrotingsbestuur inwerking, om seker te maak dat doelwitte wel bereik word. Die enigste waar ‘n begroting wel gewysig kan word, is wanneer ons ‘n werklikheid(inkomste en of uitgawes) totaal nie inberekening gebring het nie, en dit moet ook sommer aan die begin van die finansiële jaar of belastingjaar geskied.
Die gehalte van besluitneming in die spanderingsgedeelte van die opstel van ‘n begronting is die moeilikste gedeelte van ‘n begroting. Ons stel vir ons ‘n raamwerk op om te bepaal of ons ‘n uitgawe moet aangaan aldan nie. Dit kan soos volg daarna uitsien:
1) Het ons regtig hierdie item nodig, of kan ons daar sonder klaar kom?
2) Wat sal die finansiële impak wees indien ons nie hierdie item aanskaf nie?
3) Wat se effek gaan dit op ons lewensstandaard wees indien ek dit nie aanskaf nie – m.a.w. maak dit ons lewe meer effektiewer of is dit maar net “a nice to have”?
4) Die aankoopprys teenoor die gehalte van die item wat ons koop. In sommige gevalle is goedkoop koop duur koop. Byvoorbeeld: 1) Koop ‘n Chinese produk teen driekwart van die prys as ‘n Duitse produk. Die Chinese produk se lewensduur is net 3 jaar, maar die Duitse produk is tussen 8 na 10 jaar. Indien ons net die Chinese produk koop(wat beteken dat ons elke drie jaar dit vervang), sal ons bv. na 9 jaar twee en ‘n kwart van die Duitse produk se prys spandeer het, en dan praat ons nie eers van tussentydse prysstrygings van die Chinese produk nie.
Indien uitgawes moet aangegaan word, is “gesonde finansiële oordeel” belangrik. Ons moet ook so daarna kyk: “As ons eers geld gespandeer het – is dit weg – kan nie meer gespaar word nie – kan nie meer groei opbrengste op hulle verdien nie. Inkomste word verkry deur harde werk, en indien ons goed presteer is die beloning, verhogings en bonusse vir salaristrekkers.
Hier is ‘n voorbeeld van ‘n begroting met fiktiewe syfers en verouderde datum as voorbeeld, wat netso gebruik kan word.
https://1drv.ms/x/c/8a12304e7176eaba/IQApplBORxG8RKuxAKsEUMUNASeZQwbUa4wiPo7amrLxm80
BEGROTINGSBESTUUR
Die belangrikheid van begrotingsbestuur strek oor verskeie beroepe en industrieë. In finansiële en rekeningkundige rolle is professionele persone verantwoordelik vir die ontwikkeling en instandhouding van begrotings om finansiële stabiliteit en winsgewendheid te verseker. Ons bespreek net individue se begrotings, omdat maatskappye, en veral korporatiewe maatskappye se begrotings, en begrotingsbestuur baie meer kompleks is, maar ook omdat ons fokus op die skepping van welvaart vir die individu. Begrotingsbestuur vereis deurlopend – daaglikse, weeklikse, maandelikse en jaarlikse aksies. Begrotingsbestuur is die hele omvang van die begroting, en sluit die opstel van die begroting in.
Die “vaste koste uitgawes” word gewoonlik deur debiet-/aftrekorders outomaties oorbetaal. Die ander uitgawes wat deur elektroniese fonds oorplasings (“EFT”) moet geskied, moet presies op die verlangde tye geskied, veral die spaargeld moet dadelik oorbetaal word op die dag wat die inkomste in ons bankrekening reflekteer. Elke uitgawe wat aangegaan wil word moet eers vooraf in die begroting geverifieer word. Dit kan daagliks geskied(met transaksiestate vanaf die bank webwerf), maar eenmaal ‘n week moet die bankstate met die begroting vergelyk word, en die werklike uitgawe kolomme moet vanaf die bankstaat ingevul/opgedateer word. Die individuele begrote items moet met die werklike uitgawe items vergelyk word, wat ook in die afwykingskolom sal reflekteer. Enige afwyks moet verklaar word, en aksies ingestel word hoe om toekomstige afwykings van daardie betrokke item weer op te maak, en ook te verhoed dat dit weer gebeur. Begrotingsbestuur sluit ook die bestuur van die opgehoopte rente draende rekening by die bank in, om toekomstige uitgawe te dek waarvoor elke maand ‘n bedrag opgehoop was(motor/s se dienste, bande vervanging, motor lisensies, ens.) Deur hierdie aksies konsekwent toe te pas, bou ons vaardighede op van onskatbare waarde, wat ons welvaartskeppingsproses net tot voordeel kan strek. ‘n Begroting is die fondasie vir welvaartskepping.
SLOT
’n Begroting sonder bestuur is bloot ’n dokument; maar begrotingsbestuur gee daardie dokument lewe en rigting. Dit is die deurlopende dissipline wat ’n surplus skep, en daardie surplus is die brug na beleggings en uiteindelik na optimale welvaartskepping. Die waarde lê dus nie net in die opstel van ’n begroting nie, maar in die volgehoue bestuur daarvan — ’n proses wat met tyd en kundigheid ons finansiële toekoms kan transformeer.
Leave a Reply