HELLO DEERE

Johan Schreuder Avatar

INLEIDING

Nadat John Deere se pa op see verlore geraak het toe hy vier jaar oud was, is Deere uitsluitlik deur sy ma grootgemaak.  As jong man het hy lof verwerf vir sy vakmanskap en vindingrykheid as smid.

Deere & Company het begin toe John Deere, wat op 7 Februarie 1804 in Rutland, Vermont, Verenigde State gebore is, na Grand Detour, Illinois verhuis het om ‘n bankrotskap in Vermont te voorkom. Reeds as ‘n gevestigde smid, het Deere ‘n winkel in Grand Detour in 1837 geopen op ‘n 1,378-vierkante voet (128 m2), wat hom toegelaat het om ‘n algemene herstelman in die dorp te kan wees, sowel as ‘n vervaardiger van gereedskap soos hooivurke en grawe. Gereedskap was net die begin; die item wat hom gefassineer het, was die staal-skeerploeg. In 1837 ontwerp die pionier John Deere ‘n Skotse staalskaar in ‘n ploeg. Voor Deere se staalploeg het die meeste boere yster- of houtploeë gebruik waaraan die ryk Midwesterse-grond vasgesit het, en daarom moes hulle gereeld skoongemaak word. Die gladde staalploeg het hierdie probleem opgelos en migrasie in die Amerikaanse Groot Vlaktes in die 19de en vroeë 20ste eeu was die gevolg. Hierdie staalskaarploeg was die grondslag van ‘n klein familie besigheidjie wat verrys het met die handelsnaam wat diep in die boere se harte ingekruip het. John Deere het ook die Embleem baie gepas uitgesoek – die Hert(Deer), met die slagspreuk “Nothing Runs Like a Deere” – die springende Hert. John Deere se embleem is die 10de oudste embleem van die maatskappye wat op die 500 Fortune lys verskyn, en resorteer onder die Fortune 500 maatskappy se lys elke jaar sedert die ontstaan van die Fortune 500 lys in 1955.

Alhoewel die embleem elke keer van vorm verander het deur die verskillende tye was die springende Hert sentraal in elke embleem aanpassings – sien die verskillendes hieronder:

(Eers die Hert, soos deur die beeldhouer geskep, en dan al die verskillende embleme op een bladsy)

DIE HERT IN DORRE STREKE

Die groot kragtige wildsbok wat baie deursettings vermoë het, wat deur dorre streke en sneeu moet oorleef, het in Septemder 2020 voor ‘n oorname van “BELL”(die ander groot toerusting vervaardiger in Amerika) te staan gekom – die oorname was toe onsuksesvol – die Hert het oorleef . So het John Deere hom ookal in die landbou bewys – ongeag die kontraste van toestande en of omstandighede, John Deere was daar.

BESIGHEIDSMODEL VAN DEERE & COMPANY

Die besigheidsmodel bestaan uit die volgende hoof bedryfsvertakkings:

  1. Landbou
  2. Grastoerusting
  3. Konstruksietoerusting
  4. Bosboutoerusting, en
  5. DEERE & COMPANY Finansieringsbesigheid.

Vanaf lanboumasjienerie tot ‘n wêreldwye hoofweg industriële maatskappy wie se strategie toenemend fokus op presisielandbou, konnektiwiteit, outomatisering, sagteware en lewensiklusondersteuning. Daardie skuif is belangrik omdat Deere meeding in sikliese toerustingmarkte waar die langtermyn-ekonomie nie net van eenheidsvolumes afhang nie, maar ook van tegnologiemengsel, onderdele en diens, finansiering en handelaarsuitvoering. Deere se toerustingportefeulje strek oor groot plaasmasjinerie, klein landbou- en grasmatprodukte, konstruksietoerusting, padboustelsels en bosboumasjiene.

Sy grootste mark bly Noord-Amerika, maar dit het ook betekenisvolle vervaardigings- en verkoopsposisies regoor Europa, Latyns-Amerika, Asië en ander streke.

OORNAMES EN VERKRYGINGS VAN DEERE & COMPANY

Sien hieronder in ‘n Tabelformaat van die belangrikste oornames wat DEERE se strategie gevorm het:

FINANSIËLE INLIGTING

Vandag is John Deere ‘n groot gevestigde maatskappy wat op die NYSE(New York Stock Exchange) genoteer is, met ‘n markkapitalisasie van $188.30 Biljoen Dollar. Hier is ‘n kort opsommende finansiële oorsig, met die Inkomste Staat, die Balansstaat, die Kontantvloei Staat, en dan die finansiële doeltreffendheidsverhoudings in ‘n Tabel formaat(in engels):

FUNDAMENTELE WAARDASIE

Die Fundamentele waardasie het ‘n 7.14 punt uit 10 uit behaal wat ‘n aanduiding is dat hierdie aandeel ‘n “KOOP” is, en die paneel van 24 analiste se vooruitskatting was ook ‘n “KOOP”, maar ek sal eerder versigtig wees en die aandeel afgradeer na ‘n “HOU” aangesien die aandeel oorwaardeer is met $273.25 of te wel 39.49% wat ‘n bietjie riskant is. Die Prys Verdientse per aandeel(P/V of in engels P/E – Price Earnings per Share) was ook redelik hoog, naamlik 38.83, wat sommer dadelik al ‘n aanduiding was dat hierdie aandeel dalk oorwaardeer gaan wees. Aangesien DEERE oor geen bestelboek beskik nie(verkope vind oor die toonbank plaas) kan dit ook nie help om die hoë P/V verhouding te versag nie. Die aandeelprys het Jaar-Tot-Datum(JDT) met 48.15% gestyg en verhandel tans teen $689.61 per aandeel.

Hierdie is my persoonlike mening en mag onder geen omstandighede as Finansiële/Beleggingsadvies gebruik word om enige beleggingsbesluite te neem nie. Bespreek dit eers vooraf met jou Portefeulje Bestuurder.


Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a Reply

Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading