
INLEIDING
Karl Süss stig sy Maatskappy “Karl Süss KG” in 1949 en neem Ernst Leitz GmbH in Beiere oor, waar hy self die verkoopsverteenwoordiger van optiese instrumente(mikroskope, kameras, en laboratoriumtoerusting) hanteer het. Met toenemende tegniese kundigheid en ‘n destydse werkerskorps van vyf werknemers, moes die besigheidsmodel verskeie aanpassings maak, en die eerste groot rigting verandering was om van ‘n verkoopsmaatskappy om te skakel na ‘n kontrakvervaardiger, wat vandag nog die geval is. Toe Siemens in München Süss in 1962 nader en die maatskappy vra om ‘n termo-kompressie-bindingsmasjien vir transistors te vervaardig, is dit ‘n kantelpunt in sy geskiedenis: Die maatskappy beweeg van verkope en instandhouding na kontrakvervaardiging. Die eerste bestelling bestaan uit klein meettafels met stereomikroskope wat aan mekaar vasgebind is. ‘N Jaar later volg ‘n tweede bestelling en in 1963 ontwikkel Süss die prototipe vir die eerste maskerbelyning, die MJB3, vir Siemens.
KARL SÜSS EN SY TWEE SEUNS
Karl Süss en sy twee seuns Ekkehard en Winfried brei die florerende vervaardigingsonderneming suksesvol uit. SÜSS Micro AG bestaan vanjaar al 77, met sy hoofkantoor in Garching bei München, Duitsland. Met die skierlike afsterwe van Karl Süss en sy oudste seun Ekkehard kort na mekaar in 1994 was die maatskappy genoodsaak om te herorganiseer, en staan vanaf 1999 bekend as Süss MicroTec AG, waar die Süss-gesin op die adviesraad verteenwoordig word deur Karl Süss se seun Dr. Winfried Süss. Twee jaar later is alle wettige Süss-entiteite na Süss MicroTec verander.
WAAR STAAN SÜSS MICRO TEC VANDAG
Waar staan Süss MicroTec AG vandag? Süss MicroTec het die familie besigheid ontgroei, en is vandag ‘n beursgenoteerde maatskappy en ‘n toonaangewende verskaffer van toerusting en prosesoplossings vir mikrostruktureringstoepassings in die halfgeleierbedryf. Süss MicroTec AG het tans 1,605 werknemers soos op 30 Junie 2026, en het verskeie kantore oor die wêreld heen, wat die volgende insluit:
1) Duitsland;
2) Nederland;
3) Spanje;
4) Frankryk;
5) Ierland;
6) Griekeland;
7) Isreal;
8) Italie;
9) Switserland;
10) Noorweë;
11) Suid Afrika;
12) Swede;
13) Turkye;
14) Engeland;
15) Amerika;
16) Japan;
17) China;
18) Taiwan;
19) Suid Korea;
20) Singapoer;
21) Indië;
22) Australie;
23) Hong Kong;
24) Malaysië;
25) Phillipine
Hierdie lande is almal hoë tegnologie lande wat almal deur Kunsmatige Intelligensie en die Vierde Industriële Revolusie gedryf word. Omdat Süss MicroTec AG so ‘n wye omvattende verskeidenheid van produkte en dienste lewer is daar menigte kompeterende maatskappye, maar wat net in een tot drie velde van dit wat Süss MicroTec aanbied mee meeding, en dit maak hom baie gesogt, en voeg nog die hoë Duitse gehalte van produkte daarby.
PRODUKSIE
Produkte en dienste:
SUSS MicroTec bied ‘n wye produkportefeulje van hoë gehalte prosesoplossings vir die halfgeleierbedryf en verwante markte. Hul portefeulje dek ‘n omvattende reeks produkte en oplossings vir “backend”-litografie, waferbinding en fotomaskerverwerking, aangevul deur mikro-optiese komponente. Daar word nuwe produkte bygevoeg met die innovasies en verfyning wat voortdurend as fokus dien. Die kwaliteitswaarborg strek tot hul hervervaardigde produkte en diens.
FINANSIËLE INLIGTING EN AANDEEL PRESTASIE
Süss Micro Tec beskik tans oor ‘n markkapitalisasie van €1.295 Biljoen Euro soos op 30 Junie 2026 wat ‘n half jaarlikse toename van 146.18% verteenwoordig. Die Prysverdienste Verhouding(P/V) is 50.40% wat mag hoog klink, inverhouding met sy mededingers in hierdie sektor. Die Bruto Wins was €153.50 Miljoen Euro met ‘n Bruto marge van 34.94%. Die ondernemingswaardasie verhouding – EV/EBITDA was 27.01 vir die half jaar.
Indien ons in SÜSS MICRO TEC sou belê het, sou ons opbrengste soos volg gewees het:
- Jaar-Tot-Datum(JTD) = 73.93%.
- 1 Jaar = 145.06% die nuutste jaar
- 3 Jaar = 215.76% wat ‘n jaarlikse opbrengs van 71.92% sou opgelewer het. Dit was in die begin van die geopolitieke spanning van tariewe heffings
- 5 Jaar = 192.54% wat ‘n jaarlikse opbrengs van 38.51% sou opgelewer het. Dit was in ‘n herstel fase van Covid, en geoplotieke spanning het ook sy bydrae gelewer.
- 10 Jaar = 1,076.93% wat ‘n jaarlikse opbrengs van 107.69% sou opgelewer het
‘n Gemiddeld van 107.69% per jaar vir 10 jaar lank is nie die soort opbrenghs wat ons sommer van enige aandeel sal verwag nie, en dan verdien ons nog boonop die groei in Euro waar die wisselkoers faktor tot die Rand ook ons opbrengs bevoordeel.
SLOT
Hierdie Duitse maatskappy se besigheidsmodel is so goed geposiesioneer vir die vraag in die ekonomiese drywers van ons tyd – produkte ondersteun, en maak gebruik van Kunsmatige Intelligensie en Halfgeleiers wat die toekoms van more is. Die aandeel prestasie oor die afgelope 10 jaar bevestig die onmisbaarheid van die tipe besigheid, veral met ‘n markkapitalisasie van €1.295 Biljoen Euro vir die afgelope ses maande, staan Süss Micro Tec sommer baie stewig in die mark. Die aandeel verhandel tans teen €68.05.‘N Paar Süss Micro Tec aandele in ons portefeuljes met ‘n gemiddelde groei van 107.69% per jaar oor ‘n 10 jaar termyn kan ons gediversifiseerde portefeulje net in ‘n beter posisie plaas. Alhoewel daar nie op die halfjaarlikse finansiële state ‘n fundamentele waardasie gedoen was nie, word hierdie aandeel steeds gedryf deur sy sterk gevestigde besigheidsmodel waarvan die vraag na produkte besonder goed is. SÜSS MICRO TEC het ‘n “Altman Z-Score” van 4.77.
Hierdie is my persoonlike mening en mag onder geen omstandighede as Finansiële/Beleggingsadvies gebruik word om enige beleggingsbesluite te neem nie. Bespreek dit eers vooraf met jou Portefeulje Bestuurder.
Leave a Reply