BELÊ IN DIE BUITELAND: ADVANCED MICRO DEVICES INC. (AMD)

Van oorlewing tot een van die grootste leiers in die halfgeleierwêreld

Johan Schreuder Avatar

INLEIDING

AMD is in 1969 gestig deur Jerry Sanders en ‘n groep van sy mede-Fairchild Semiconductor-kollegas. Die maatskappy se vroeë produkte was hoofsaaklik geheueskyfies en ander rekenaarkomponente. In 1975 het AMD die mikroverwerkermark betree en met Intel, sy hoofmededinger in die bedryf, meegeding deur Intel se 8080(‘n 8-bits mikroverwerker) om te keer. Dit het gelei tot die aanvanklike kruislisensie-ooreenkoms wat AMD toegelaat het om wettige klone van Intel-verwerkers te bou, insluitend die x86-familie verwerkers vanaf 1981. Die twee maatskappye het ‘n sewe jaar lange regstryd gevoer nadat Intel geweier het om die bloudruk van hul i386 met AMD te deel, wat in 1994 in AMD se guns geëindig het, waar AMD sy eie x86-mikroverwerkers intern kon ontwikkel. In die vroeë 2000’s het AMD beduidende groei en sukses ervaar, deels as gevolg van sy sterk posisie in die rekenaarmark en sy Athlon– en Opteron-verwerkers. Die maatskappy het uitdagings in die laat 2000’s en vroeë 2010’s in die gesig gestaar, aangesien dit gesukkel het om met Intel mee te ding.

In die laat 2010’s het AMD markdeel herwin deur ‘n penetrasieprysstrategie vir sy Ryzen-verwerkers te volg, wat mededingende werkverrigting en laer koste as Intel-mikroverwerkers bied. In 2022 het AMD Intel vir die eerste keer in markkapitalisasie verbygesteek. Vandag is daar omtrent nie ‘n rekenaar of skootrekenaar wat AMD se SVE(Sentrale Verwerkings Eenheid – in engels CPU – Central Proccesing Unite) gebruik nie. AMD beskik tans oor ‘n werkerskorps van 31,000.

BESIGHEIDSMODEL

AMD se totale besigheidsmodel is diep gesetel in halfgeleiers & kunsmatige intelligensie. Dit ontwikkel sentrale verwerkingseenhede (SVE’s), grafiese verwerkingseenhede (GPU’s), veldprogrammeerbare herskikkings (FPGA’s – Field-Programmable Gate Arrays), stelsel-op-skyfies (SoC’s-System on Chips), en hoëprestasie-rekenaarkomponente. AMD bedien ‘n wye reeks besigheids- en verbruikersmarkte, insluitend persoonlike rekenaars, speletjies, “datacenters” en ingebedde stelsels. Daar is te veel om op te noem – hieronder is ‘n PDF-Leër wat ‘n oorhoofse visie weergee van al AMD se produkte:

ONTBERINGS EN RISIKO’S WAT OORKOM MOES WORD

AMD moes klein begin met min kapitaal, en moes meeding met groot rolspelers van daardie tyd – soos Intel. Hierdie Risiko was in ‘n mate in 1975 oorkom – toe AMD die mikroverwerkersmark betree het en ‘n mikroverwerker ontwikkel het wat Intel se 8080(‘n 8-bits mikroverwerker) onttroon het. Intel het toe ‘n gedeelde lisensie vervaardiging ooreekoms met AMD aangegaan, waarna ADM Intel van mikroverwerkers voorsien het – wettige klone van Intel-verwerkers is toe deur AMD vervaardig. Daarna het ‘n 7 jaar lange regstryd gevolg omdat Intel geweier het om die bloudruk van hul i386(die 3de generasie x86-mikroverwerker van Intel). Dit het in 1994 geëindig met AMD wat toe sy eie x86-mikroverwerker vervaardig het. Die kompetisie tussen die twee was baie fel tussen 2000 en 2010, waarna AMD ongekende groei beleef het, en sy gehalte verwerkers hom onderskeie het van Intel.

VERKRYGINGS, OORNAMES EN FILIALE

AMD het ‘n network van 200 filiale in 39 lande met 96(48%) in Amerika, 6.5% in Inië met 4.5% in China – hierdie drie saam verteenwoordig 59% van die filiale. AMD het in 1977 ‘n gesamentlike projek met Siemens(die groot Duitse maatskappy) gesluit wat as Advanced Micro Computers bekend gestaan het, en later – in 1979 het AMD vir Siemens uitgekoop. Daar was ook die Canadian 3D graphics kaart maatskappy oorname in 2006. In Oktober 2020 het AMD aangekondig dat hy Xilinx – die markleier in veldprogrammeerbare herskikkings en komplekse programmeerbare logika-toestelle(FPGA’s & CPLD’s) in ‘n transaksie slegs met aandele verkry het – verkryging is 2022 voltooi.

Hier is die verkrygingsgeskiedenis van AMD in ‘n PDF-Formaat:

VERKORTE FINANSIËLE INLIGTING

AMD is op die NASDAQ in Amerika gelys, en beskik oor ‘n markkapitalisasie van $913.89Biljoen Dollar soos op 27 Junie 2026 – ‘n 253.8% groei vir die laaste 52-Week Ptys Verandering. (Is tans amper twee keer groter as Intel volgens markkapitalisasie – ‘n $913.89Biljoen Dollar teenoor Intel se $570.64Biljoen Dollar). Die Prysverdienste Verhouding(P/V) was 142.89, maar teen die huidige groei is die vooruitskatting dat die P/V op 50.60 gaan wees teen die hul finansiële jaareinde van 31 Desember 2026. Dit bevestig hoe sterk die besigheidsmodel is in vraag wat ‘n geweldige groei verwag. Halfgeleiers en Kunsmatige Intelligensie is die sterkste ekonomiese drywers wêreldwyd, en gooi nog Kwantum Rekenaars ook in hierdie mandjie(wat besig is om baie vining vordering te maak), en verdien die hoogste opbrengste – veral as jy nog jonk is, en of ten minste 5 jaar voor aftrede is – en jy in ‘n hoë risko aptyd kategorie val volgens jou Risko Aptytvorm se uitslag. Dan is die PEG-Verhouding 0.77 wat minder as 1.00 is – die vereiste vir ‘n goeie finansiële verhouding.

Sien die verkorte finansiële inligting van AMD hieronder in ‘n PDF-Formaat – wat ook ‘n paar grafieke insluit van sleutel komponente:

HISTORIESE AANDEELPRYS PRESTASIE

Hier is die historiese aandeelprys prestasie oor ‘n 10 jaar termyn:

Jaar-Tot-Datum(JDT) = 161.40%

1 Jaar = 251.73%

3 Jaar = 451.60% is gelykaan ‘n 150.58% per jaar

5 Jaar = 438.91% is gelykaan ‘n 87.78% per jaar(Hierdie was ‘n gedeelte in die Covid 19 tydperk en die herstel daarna vir die eerste jaar na ‘n jaar en half was uiters stadig)

10 Jaar = 9,153.22% is gelykaan ‘n 915.32% per jaar

Met ‘n gemiddelde jaarlikse prestasie van 915.32% per jaar staan hierdie aandeel met sy besigheidsfokus op halfgeleiers en Kunsmatige Inteligensie uit tussen die skare. Ons het nie sulke aandele op ons JSE nie, en daarom is die toevlug na die buiteland die antwoord op goeie prestasies. Sien die 10 jaar grafiek hieronder.

FUNDAMENTELE WAARDASIE

Die fundamental waardasie het die volgende punte uit 10 opgelewer:

  1. WAARDASIE VERHOUDINGS SE GEMIDDELD = 7.29
  2. WINSGEWENDHEIDS VERHOUDINGS SE GEMIDDELD = 10
  3. LIKWIDITEITS VERHOUDINGS SE GEMIDDELD = 10
  4. EFFEKTIWITEITS VERHOUDINGS SE GEMIDDELD = 10
  5. SKULD VERHOUDINGS SE GEMIDDELD = 10
  6. INTRINSIEKE WAARDE VERHOUDING = 8

Die algehele gemiddelde punt uit die 24 Finansiële Verhoudings was 8.14. Wat aandui dat hierdie aandeel ‘n sterk “KOOP” is, en is ook die gemiddelde uitslag van 55 analiste se mening, met 39 as ‘n sterk “KOOP”, 5 as “KOOP” en 11 as “HOU”. Die huidige aandeelprys is $559.82 Dollar. Alhoewel hierdie aandeel se intrinsieke waarde toon dat die aandeel oorkoop is met $6.61 of te wel 1.18% – wat baie klein is – bly die aandeel nogtans ‘n sterk “KOOP” – gedryf deur ‘n uitsonderlike vraag na sy produkte, met ‘n goed gevestigde besigheidsmodel.

SLOT

Met ’n gemiddelde fundamentele telling van 8.14 uit 10 en ’n analiste‑konsensus wat oorwegend ’n sterk koop aandui, word Advanced Micro Devices verder onderskraag deur ’n historiese aandeelprestasie wat eenvoudig uitsonderlik is: meer as 9,000% groei oor ’n dekade. Hierdie kombinasie van robuuste finansiële verhoudings, markvertroue en bewese langtermyn‑prestasie posisioneer AMD as ’n buitelandse belegging wat nie net veerkragtigheid en innovasie beliggaam nie, maar ook ’n seldsame geleentheid bied wat ver bo die plaaslike mark uitstaan. Vir die belegger wat bereid is om buitelandse horisonne te verken, is AMD ’n naam wat met reg tussen die wêreld se uitblinkers geplaas kan word.

BRONNE

  1. SA Stock Analysis platform
  2. Verskeie inligtings navorsing
  3. AMD se webtuiste
  4. Eie Fundamentele Waardasiemodel

Hierdie is my persoonlike mening en mag onder geen omstandighede as Finansiële/Beleggingsadvies gebruik word om enige beleggingsbesluite te neem nie. Bespreek dit eers vooraf met jou Portefeulje Bestuurder.


Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a Reply

Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading