BELÊ IN DIE BUITELAND

BELÊ IN DIE REGTE SEKTOR EN INDUSTRIE

Johan Schreuder Avatar

BELÊ IN DIE REGTE SEKTOR EN INDUSTRIE

Omdat die tegnologie sektor in die Halfgeleier en Kunsmatige Intillegensie Industrie die sterkte besigheidsdrywers is vir nie net in die afsienbare toekoms nie, maar nog vir baie jare gaan wees, is dit nie vreemd dat hierdie spesifieke industrie uitstaan tussen die skare op die Amerikaanse NASDAQ nie. Dit was juis met hierdie as agtergrond dat die gedagte gebore was om 10(tien) maatskappye uit hierdie industrie te kies, en volledige artikels oor elkeen afsonderlik te plaas, wat fundamentele waardasies en 10 jaar historiese prestasies insluit om ‘n ingeligte besluit oor elkeen afsonderlik te kan neem.

Hier is die agtergrond van die maatskappye wat gekies was:

  1. Die Markkapitalisasies strek vanaf die kleinste van $269,993,000,000.00($269.993 Biljoen Dollar) tot $5,649,191,000,000.00($5.649 Triljoen Dollar), waavan 3 meer as $1 Triljoen Dollar is, en nog 1 meer as $2 Triljoen Dollar is.
  2. Met die laagste 10 jaar gemiddelde jaarlikse prestasie van 174.44%, en die hoogste 10 jaar se jaarlikse gemiddeld van 1,381.74%, waarvan net 3 tussen 174.44% & 200% was, 2 tussen 200% – 300%, 1 tussen 300%-400%, 1 tussen 400% – 500%, 1 net oor die 600%, 1 net oor die 900%, en die laaste een het natuurlik 1,381.74% behaal.
  3. Al hierdie aandele is op die Amerikaanse NASDAQ genoteer, behalwe een wat op die NYSE(New York Stock Exchange) genorteer is.
  4. Agt(8) van hierdie maatskappye is Amerikaanse maatskappye met hul hoofkantore in Amerika, waarvan 1 se hoofkantoor in Taiwan is(‘n Taiwanese maatskappy), en 1 is ‘n Nederlandse maatskappy met hul hoofkantoor in Veldhoven, Nederland.
  5. Daar is alreeds 3 volledige artikels van hierdie betrokke 10 maatskappye geskryf indien iemand sou belangstel – hulle is: (a) Advanced Micro Devices(AMD); (b) Broadcom; (c) Nvidia.

Hieronder is die lys van die 10 maatskappye, met waar hulle hoof notering is, hul land van herkoms, en elkeen se markkapitalisasie.(Die in geel, is die waarvan reeds artikels oor geskryf is)

Al hierdie artikels is my persoonlike mening en mag onder geen omstandighede as Finansiële/Beleggingsadvies gebruik word om enige beleggingsbesluite te neem nie. Bespreek dit eers vooraf met jou Portefeulje Bestuurder.


Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a Reply

Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Discover more from DIE BELEGGINGS EN FINANSIËLE WÊRELD

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading