
INLEIDING
Spaar is inkomste wat nie bestee word nie, of uitgestelde verbruik. In ekonomie is ‘n breër definisie enige inkomste wat nie vir onmiddellike verbruik gebruik word nie. Spaar behels ook die vermindering van uitgawes, soos herhalende koste. Die enigste manier om werklik te spaar is om die spaargeld êrns deur ‘n finansiële tussenganger te belê, byvoorbeeld pensioenfondse, beleggingsfondse – in ‘n spaar deposito rekening by ‘n bank waar elke klein bietjie ophoop tot ‘n redelike bedraggie, en dan deur verdere kanale dit te belê. Wat persoonlike finansies betref, spesifiseer spaar gewoonlik laerisiko-bewaring van geld, soos in ‘n depositorekening, teenoor belegging, waarin risiko baie hoër is. Spaar sluit nie outomaties rente in nie.
Spaar verskil van besparings. Eersgenoemde verwys na die daad om nie ‘n mens se bates te verbruik nie, terwyl laasgenoemde verwys na óf veelvuldige geleenthede om koste te verminder; of ‘n mens se bates in die vorm van kontant. Spaar verwys na ‘n aktiwiteit wat oor tyd plaasvind, ‘n vloeiveranderlike, terwyl besparing verwys na iets wat op enige tydstip bestaan, ‘n voorraadveranderlike. Hierdie onderskeid word dikwels verkeerd verstaan, en selfs professionele ekonome en beleggingskundiges sal dikwels na “spaar” verwys as hulle “besparings” bedoel.
WAT IS ‘N MINIMUMLOON, BESTAALSLOON, LEEFLOON EN LEEFBARE LOON?
Ons moet nie die Minimumloon met Bestaansloon verwar nie. Dan is daar nog die verskille tussen Minimumloon, Bestaansloon, Leefloon, en Leefbare loon. Van hierdie drie is dit net die “LEEFBARE LOON” wat ons in ‘n beter posisie plaas om te spaar vir aftrede, die in die ander kategorieë sal moet iets ekstra doen om te kan spaar. Hier is ‘n Tabel wat die Definisie, Doelwitte en Kenmerkende verskille van elkeen – opsom:
DIE ENIGSTE UITKOMS VIR DIE SPAAR VAN OUDAG LÊ IN TWEE WOORDE OPGESLUIT “SPAAR” EN “BESPARING/BESNOEIING”
‘n Klassieke voorbeeld van besparing is seker die harde verwysing van Mannetjies Roux die rugbyspeler, vanaf Victoria-Wes in die Noord-Kaap. Is sy eie woorde: “Om in die Karoo te oorleef moet jy laer as die Karoobossie lewe”. Besparing is die fokus en die begin punt – om te werk na ‘n doelwit toe, om iets oor te hê om te kan spaar. Ons sien dus dat hierdie twee hand aan hand loop. Dit is die persoon wat aan die begin klein leef, en met baie min klaar kom, en dit konsekwent volhou wat eendag die prys wenner gaan wees. Groot opofferings bring oor die langtermyn groot geluk en voorspoed. Indien ons met baie inspanning besparing beoefen, plaas ons, ons in ‘n posisie om iets te kan spaar, en onthou dit is nie die vinnige hassie wat eerste by die wenstreep kom nie, maar die stadige gedissiplineerde, konsekwente skilpad wat die pas volhou wat vir hassie in die stof laat byt.
DIE INKOMSTE WÊRELDLANDSKAP HET HEELTEMAL VERANDER: ONS SAL BAIE OP DIE SELFDOEN GEFOKUS MOET WEES OM TE KAN OORLEEF
Bo en behalwe die geoplitiekspanning wêreldwyd, Kunsmatige Intelegensie, Halfgeleiers – waar Robotisering al hoe meer oorneem, en Kwantum Rekenaars, het ons in Suid Afrika nog te kampe met Swart Ekonomiese Bematiging(SEK), en regstellende aksies, waar die twee laasgenoemdes altwee al hoe meer teen ‘n snelheid toeneem, laat dit ons voortbestaan baie broos, en weerbaar. Dit is hierdie situasie wat ons soms laat voel om moed op te gee. My raad is – dink altyd, en dink altyd possitief – vervang die negatiewe met positiewe denke. Onthou as ons gesindheid reg is, kan die oorlog maar kom. Daar is niks in die lewe wat dit kan vervang in moeilike tye nie. Sien elke teleurstelling as ‘n uitdaging vir die volgende planne wat ons aan werk of nog wil aan werk. Dan is daar ‘n ander irriterende saak!: Wie het besluit dat 65 die normale aftree-ouderdom moet wees?? Navorsing het getoon dat hierdie gesonde werknemers wat aftree ouderdom bereik, geweldige breinkrag en kennis het, wat vir die maatskapye ontsaglike waarde kan toevoeg. Die oggend wat iemand 65 word, en wakker skrik, het hy/sy nie ewe skierlik oornag oorbodig geword, en al hul breinkrag, vaardigheid en kennis verloor nie!!! Die Maatskappye besef ook dat hul geweldig daarby baat om hierdie “senior lewenslistige werksmag” nog as ‘n bate in hul personeelkorps te kan hê.
Hier is ‘n paar idees van ekstra werk, en of om werk te skep, wat moontlik kan help:
- Werk so lank as wat jy kan – jy verleng jou aftrede – jy spaar nog steeds maksimum wat jy kan vir aftrede – jy verdien intussen saamgestelde groei wat oor ’n langer tydperk plaasvind.
- Doen deeltydse konsultasiewerk by ondernemings opgrond van die kundigheid wat jy opgedoen het in jou vakgebied voordat jy afgetree het.
- Pas huise of diere op. Mense het gereeld iemand nodig om hul diere te voer, en om na hul huise om te sien wanneer hul weggaan met vakansie of vir werk.
- Wees ’n mentor. Dit is soortgelyk as konsultasiewerk, maar die verskil is dat jy iemand anders leer.
- Jy het dalk ’n stokperdjie beoefen terwyl jy gewerk het, byvoorbeeld handig met diewering, veiligheidshekke, houtwerk, ens. Omskep dit in ’n besigheid.
- Elektrisiëns sal altyd benodig word. Indien jy in hierdie beroep was, sal jy na aftrede altyd loswerke kan kry.
- Doen algemene herstelwerk(handyman), veral in die boubedryf. Eiendomsagente het altyd ’n handyman nodig, waar nuwe huurders moet intrek – daar is altyd klein herstelwerkies wat gedoen moet word.
- Daar is nasien-/merkwerk beskikbaar by Universiteite
- Gee privaat ekstra klasse by skole – daar is veral ‘n groot behoefte vir Wiskunde.
- ’n Ekstra werk as ’n kelner saans, na ons normale dag se werk. Die fooie(tip) kan soms baie wees, en is gewoonlik meer as wat ons salaris daar is.
- ’n Wiskunde onderwyser wat oor die gawe beskik om ‘n goeie aanslag met die oordra van wiskunde in ‘n eenvoudige verstaanbare formaat op elke graadvlak, kan boeke vir elke graad hieroor skryf wat prakties en vestaanbaar is – veral waar ons wiskunde geletterdheid op skoolvlak huidig nie op ‘n goeie standard is nie.
- Indien iemand in toerisme belangstel en in ‘n toerustegebied woon, kan jy gidse, plaasbesoeke of unieke ervarings aanbied.
- Kuns en handewerk: Skilderye, keramiek, of handgemaakte produkte wat jy plaaslik of aanlyn kan verkoop.
- Voedselprodukte: Bak brood, konfyt, of ander tuisgemaakte produkte. Plaaslike markte is ideaal hiervoor – soos tuisnywerhede.
- Digitale dienste: Basiese webontwerp, data-analise, of administratiewe werk op platforms soos Upwork of Fiverr.
- Vertaalwerk en taalonderrig: As jy ’n tweede taal goed bemeester, is daar altyd ’n mark vir vertaling of privaat klasse.
- Boerdery op klein skaal: Groente, kruie, of selfs hoenders vir eiers. Selfversorgend en kan surplus verkoop word.
- B&B(Bed and Breakfast): Indien ons ‘n ekstra woonstel het, kan dit ideaal wees vir oornag geriewe vir reisegers, kursusgangers ens.
Ons moet altyd bly dink, en dink, en dink hoe ons iets kan aanpak om ons lewe vir ons oor die langtermyn beter te kan inrig, want uit hierdie werkies, of ekstra werkies stel dit ons instaat om wel te kan spaar.
AFSLUITING
Ons mense ondervind vandag erge moeilike tye – baie meer as 30 na 40 jaar terug. Ons werkloosheidsyfers is enorm hoog, en dit bly styg. Hierdie artikel kan van waarde wees vir die Bestaasloners, Leefloners, Minimumloners, maar die Leefbare loners kan ook baat vind hierby. Net 5% van ons Suid Afrikaners tree finansiël onafhanklik af – wat word van die res – 95%? Spaar is dus nie ‘n keuse nie – dit is ’n moet! Die enigste manier om daarby uit te kan kom is om moed te hou met ’n positiewe ingesteldheid, en bly planne maak. Daar is welgestelde mense wat drie na vier, en selfs agt keer bankkrot gespeel het, met wat hy/sy aangepak het om ’n bestaan te maak. Deur aan te hou probeer en uit hul foute te leer, was hulle uiteindelik suksesvol.
Onthou! Julie maand is Nasionale spaar maand.
Leave a Reply