
“Vermindering in koopkrag – die stille onversadigde vyand van welvaartskepping”
INLEIDING
Inflasie is die alom teenwoordiger wat altyd daar sal wees, en daarom moet ons deeglik bewus wees van wat se skade inflasie aan ons aftreekapitaal/spaargeld aanrig. Inflasie moet dus altyd inag geneem word in ons aftree beplanning, ongeag of ons begin spaar, of afgetree is – waar ons ons ookal in die aftree lewenswedloop bevind – inflasie sal altyd daar wees – die onversadigde rot in die kluis.
Soos pryse styg, neem die koopkrag van geld af, wat beteken dat elke eenheid van geldeenheid minder goedere of dienste koop as voorheen. Hierdie erosie van koopkrag kan verbruikers, besighede en beleggers ingrypend raak, wat inflasie ‘n kritieke faktor in langtermyn finansiële beplanning maak. Inflasie beïnvloed verskillende bateklasse op verskillende maniere, wat reële opbrengste, inkomste-generering en langtermyn-welvaartakkumulasie beïnvloed. Byvoorbeeld, terwyl sekere beleggings soos aandele en “Real Estate” mettertyd in waarde toeneem – bied dit ‘n heining teen inflasie, ander, soos effekte of kontant, kan daaronder ly aangesien inflasie hul reële opbrengste verminder. Die definisie van inflasie beskryf inflasie as volgehoue styging in pryse wat lei tot ‘n afname in koopkrag – die oversadigde rot in die kluis.
WERKLIKE UITWERKING VAN INFLASIE OP ONS SPAARGELD
Terloops, ons kry drie soorte inflasies, naamlik:
- Vraag-trek-inflasie
- Koste-stoot-inflasie
- Ingeboude inflasie
Dit is net vir kennisname – ons gaan hulle nie bespreek nie. Hieronder volg twee PDF-Leërs – een is ‘n oorsig van berekeninge en die ander een bevat weer dieselfde drie tipes beleggings as in die vorige artikel, naamlik: Werkgewerspensioenfonds, Beursverhandelde fondse – STXNDQ & ETF5IT. Die werkgewerspensioenfonds se effektiewe koers is gelig na 11%, met ‘n nominale koers van 10.49%. Die maandelikse premie bly steeds R4,000.00 met ‘n jaarlikse eskalasie van 5%. Die twee Beursverhandeldefondse(ETF’s) se premies bly op R500.00 per maand met ‘n 2% per jaar eskalasie. Die rente word maandeliks gekapitaliseer. Ons het ook die “inflasie” kolom ingebring wat ons net hierna gaan bespreek.
Die volledige spreiblaaie is hierby ingesluit om dit makliker te maak om ons eie termyne se opbrengste te kan vergelyk. Alhoewel daar vir 40 jaar voorsiening gemaak is, fokus ons weer net op ‘n 35 jaar termyn.
Hier is die opsommende feite:
WERKGEWERSPENSIOENFONDS OOR 35 JAAR
- Totale premie bydraes: R4,335,374.75(in ligblou verlig)
- Totale opbrengs(Eind Balans): R8,305,523.52(in liggroen verlig)
- Totale Inflasie oor 35 jaar: R2,872,885.73(in ligrooi verlig)
- Die laaste kolom(bietjie donkerder groen): R5,432,637.79(werklike koopkrag)
Ons het so ywerige gespaar oor 35 jaar met ‘n totale premie bydrae van R4,335,374.75 wat vir ons maar net ‘n R1,097,263.04(R5,432,637.79 – R4,335,374.75 = R1,097,263.04) groei daarop bewerkstellig het na inflasie afgtrek is. Ons werklike koopkrag na 35 jaar is dus R5,432,637.79 en nie ons werklike groei van R8,305,523.52 nie. Dalk verklaar dit ook in ‘n mate vir ons hoekom so baie(94%) nie suksesvol finansiël onafhanklik kan aftree nie – omdat ons net staat gemaak op die een pensioenfonds. Die werkgewerspensioenfonds was op ‘n jaarlikse gemiddelde effektiewe koers van 11% bepaal, en die groei opbrengs was op ‘n maandelikse basis op die nominale koers toegevoeg – daarom kry ons sommer vanaf jaar een af ‘n saamgestelde rente groei vanaf die tweede maand.
BEURSEVERHANDELDEFONDS STXNDQ OOR 35 JAAR
- Totale premie bydraes: R299,966.87(in ligblou verlig)
- Totale opbrengs(Eind Balans): R16,603,608.10(in liggroen verlig)
- Totale Inflasie oor 35 jaar: R3,924,508.37(in ligrooi verlig)
- Die laaste kolom(bietjie donkerder groen): R12,679,099.73(werklike koopkrag)
Met ons ywerige spaar oor 35 jaar met ‘n laer premie bydrae van R299,966.87, maar met ‘n hoër koers het ons opbrengs na inflasie verbeter, naamlik dat dit: R12,679,099.73(R16,603,608.10 – R3,924,508.37 = R12,679,099.73) groei daarop bewerkstellig het na inflasie. Ons werklike koopkrag na 35 jaar is dus R12,679,099.73 en nie ons werklike groei van R16,603,608.10 nie.
BEURSEVERHANDELDEFONDS ETF5IT OOR 35 JAAR
- Totale premie bydraes: R299,966.87(in ligblou verlig)
- Totale opbrengs(Eind Balans): R813,810,499.29(in liggroen verlig)
- Totale Inflasie oor 35 jaar: R136,179,154.37(in ligrooi verlig)
- Die laaste kolom(bietjie donkerder groen): R677,631,344.92(werklike koopkrag)
Met ons ywerige spaar oor 35 jaar met ‘n laer premie bydrae van R299,966.87, maar met ‘n baie hoër koers was ons opbrengs na inflasie baie beter, naamlik dat dit: R667,631,344.92(R813,810,499.29 – R136,179,154.37 = R667,631,344.92) groei daarop is bewerkstellig na inflasie. Ons werklike koopkrag na 35 jaar is dus R667,631,344.92 en nie ons werklike groei van R813,810,499.29 nie.
SLOT
Inflasie is nie ’n skielike ramp nie, maar ’n stille erosie wat dag vir dag aan ons welvaart knaag. Soos water wat klip slyp, verwyder inflasie stadig maar seker die krag van ons spaargeld totdat die letsels onmiskenbaar sigbaar word. Wat vandag soos ’n klein byt van die rot lyk, word oor dekades ’n gapende wond in ons koopkrag. Die enigste verdediging is om ons spaargeld doelbewus te plaas in bates wat vinniger groei as wat die rot kan knaag.
Hierdie is my persoonlike mening en mag onder geen omstandighede as Finansiële/Beleggingsadvies gebruik word om enige beleggingsbesluite te neem nie. Bespreek dit eers vooraf met jou Portefeulje Bestuurder.
Leave a Reply