
INLEIDING
Rentekoersverhogings is die onvermyde waarvoor ons nie gevra het nie. Die oorsprong daarvan word veroorsaak deur eksterne faktore buite ons beheer , en vind soms selfs buite ons Monetêre beleid(Reserwe Bank) se beheer plaas. Om goeie bestuur van ons land se ekonomie te verseker het die Reserwe Bank se monetêre beleidskomitee geen keuse as om ‘n rentekoersverhoging voor te lê vir goedkeuring en implimentering nie. Die verwagting en voorspellings van ekonome is dat die Reserwe Bank se Monetêre Beleidskomitee die rentekoerse eers net met 0.25% sal aanpas met hul volgende sitting, maar verwag ook ‘n verdere styging kort na die een, van ook 0.25%. Sou die situasie in die midde-ooste voortduur, sal nog rentekoersverhogings volg.
Hierdie artikel is meer gefokus op die praktiese invloed wat dit op ons beskikbare inkomste gaan hê. Daar gaan PDF-Spreiblaaie uitlegde ingesluit wees van huislenings wat begin met lenings van R700,000.00, en elke keer aangepas word met R10,000.00(m.a.w. R710,000.00; R720,000.00, ens.) tot en met huislenings van R1,500,000.00 oor ‘n termyne van 20 & 30 jaar teen ‘n verwagte koersverhogings van vanaf 11.75% tot 12% en 12% tot 12.25%(‘n verhoging van 25 basis punte elke keer).
MET HOEVEEL GAAN ONS PAIEMENTE VERHOOG
Die PDF-Spreiblaaie uitlegde gaan soos volg verdeel word om so naby as moontlik aan elkeen se omstandighede te kom, met rentekoersverhogings, termyn intervalle en die reeks leningsbedrae van R700,000.00 – R1,500,000.00. Hier is die vier verskillende scenario’s:
- Rentekoerse van vanaf 11.75% tot 12%; Termyn van 20 jaar(240 maande), leningsbedrae reeks R700,000.00 tot R1,500,000.00. Let veral op na die ry van die ligblou kolommetjie(PAAIEMENT STYGING) wat die verhogingsbedrag aandui teenoor elke reeks.
- Rentekoerse van vanaf 12.00% tot 12.25%; Termyn van 20 jaar(240 maande), leningsbedrae reeks R700,000.00 tot R1,500,000.00. Let veral op na die ry van die ligblou kolommetjie(PAAIEMENT STYGING) wat die verhogingsbedrag aandui teenoor elke reeks.
- Rentekoerse van vanaf 11.75% tot 12%; Termyn van 30 jaar(360 maande), leningsbedrae reeks R700,000.00 tot R1,500,000.00. Let veral op na die ry van die ligblou kolommetjie(PAAIEMENT STYGING) wat die verhogingsbedrag aandui teenoor elke reeks.
- Rentekoerse van vanaf 12% tot 12,25%; Termyn van 30 jaar(360 maande), leningsbedrae reeks R700,000.00 tot R1,500,000.00. Let veral op na die ry van die ligblou kolommetjie(PAAIEMENT STYGING) wat die verhogingsbedrag aandui teenoor elke reeks.
Hier is ons eerste scenario:
Op R700,000.00 oor 20 jaar met ‘n koers aanpassing van 11.75% na 12% gaan die paaiement met R121.75 styg, en op ‘n R1,500,000.00 met dieselfde termyn en koers stygings gaan dit R260.69 styg.
Hier is ons tweede scenario:
Op R700,000.00 oor 20 jaar met ‘n koers aanpassing van 12% na 12.25% gaan die paaiement met R122.35 styg, en op ‘n R1,500,000.00 met dieselfde termyn en koers stygings gaan dit R262.18 styg.
Hier is ons derde scenario:
Op R700,000.00 oor 30 jaar met ‘n koers aanpassing van 11.75% na 12% gaan die paaiement met R134.42 styg, en op ‘n R1,500,000.00 met dieselfde termyn en koers stygings gaan dit R288.04 styg.
Hier is ons vierde scenario:
Op R700,000.00 oor 30 jaar met ‘n koers aanpassing van 12% na 12.25% gaan die paaiement met R134.99 styg, en op ‘n R1,500,000.00 met dieselfde termyn en koers stygings gaan dit R289.26 styg.
SLOT
Rentekoersverhogings word altyd veroorsaak deur faktore buite ons beheer. In hierdie geval is dit die direkte gevolg van geopolitieke spanning wat gelei het tot die oorlog van Amerika en Isreal teen Iran. Die vraag na olie het die hoogte ingeskiet, en ‘n rimpel effek veroorsaak in die ekonomie in die algemeen. Dit het inflasie laat styg. Alle gebruikersgoedere en dienste hou verband met vervoer – van en na die markte. Dit het insetkostes verhoog waarvan brandstofpryse, en voedselprys die vinnigste en meeste gestyg het. Om die minste te sê, ons begroting is besig om ernstige beserings op te doen.
Ons vertrou dat hierdie voortydige inligting kan help om nou-al ons begrotings te probeer herstruktureer.
(Indien daar versoeke navore kom om dieselfde scenario’s te gebruik met verhoogde koerse, sal ek dit met graagte plaas.)
Leave a Reply